SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.19 número1A woman-centred childbirth modelForeign nursing students: Their profile and perceptions of nursing care in Namibia índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Health SA Gesondheid (Online)

versión On-line ISSN 2071-9736
versión impresa ISSN 1025-9848

Resumen

MACLEOD, Catriona; SEUTLWADI, Lebogang  y  STEELE, Gary. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2014, vol.19, n.1, pp.01-10. ISSN 2071-9736.  http://dx.doi.org/10.4102/hsag.v19i1.743.

AGTERGROND: Die Choice on Termination of Pregnancy Act (CTOP) bewettig aborsie op aanvraag in Suid-Afrika tot en met 12 weke van swangerskap en daarna onder sekere voorwaardes. Binne die konteks van die liberale wetgewing is akkurate inligting 'n noodsaaklike (hoewel nie voldoende nie) vereiste vir vroue om hul reproduktiewe regte uit te oefen DOELWITTE: Die navorsing het graad 11-leerders se kennis van die CTOP Wet en dié se bepalings geondersoek METODES: Opname-navorsing is gedoen met respondente uit 'n verskeidenheid van skole in Buffalo City, Suid-Afrika. Multi-steekproefneming is gebruik, naamlik gestratifiseerde steekproefneming van skole en doelgerigte steekproefneming van grade in skole. Die data is ingesamel deur middel van self-geadministreerde vraelyste in groep situasies RESULTATE: Die resultate dui daarop dat die kennis van die wetlike status van aborsie, asook van die verskillende bepalings van die Wet, swak was. Verskeie misverstande was duidelik, insluitend dat 'n gade se toestemming nodig is vir getroude vroue se aborsie. Beduidende verskille tussen die kennis van die respondente by die onderskeie skole is gevind, met die swakste kennis onder dié leerders by skole wat voorheen aangewys is vir swart leerders tydens Apartheid. SLOT: Gegewedie verskeie faktore wat as hindernisse tot vroue se toegang tot aborsie kan dien, is dit noodsaaklik dat ten minste die mees basiese aspekte van reproduktiewe regte, naamlik, die reg tot inligting, nie geondermyn word nie.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons