SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.19 número1Retaining professional nurses in South Africa: Nurse managers' perspectivesFactors affecting mothers' choice of breastfeeding vs. formula feeding in the lower Umfolozi district war memorial hospital, KwaZulu-Natal índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Health SA Gesondheid (Online)

versión On-line ISSN 2071-9736
versión impresa ISSN 1025-9848

Resumen

MIYA, Respect M.. Directly-Observed Treatment Strategy implementation practices in a hospital in eThekwini health district. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2014, vol.19, n.1, pp.1-7. ISSN 2071-9736.  http://dx.doi.org/10.4102/hsag.v19i1.747.

AGTERGROND: Die voorkomskoers van tuberkulose (TB) in Suid-Afrika bly steeds hoog, waar die land internasionaal beskou word as met die 14de hoogste voorkomskoers; 646 per 100 000 mense is nasionaal met TB besmet, terwyl KwaZulu-Natal 'n provinsiale voorkoms van 1466 per 100 000toon. Die punte program (DOTS) is bedoel om beide die voltooiing van behandeling en genesing van TB en die evaluering daarvan te verseker. Ten spyte van verbeterde DOTS-dekking, wat die fokus van die meeste DOTS studies is, dui die voorkoms van dwelm-weerstandige TB daarop dat die kwessie van nie-nakoming sentraal verantwoordelik is vir voortgesette kommer oor die implementering en praktyke wat verband hou met DOTS. DOELWITTE:  Die doel van die studie was om die implementering van DOTS - praktyke te ondersoek en te beskryf. Die doelwitte van die studie was om die DOTS- implementeringspraktyke van professionele verpleegkundiges te ondersoek en te beskryf asook om veranderbare hindernisse ten opsigte van DOTS te beskryf. METODE:  'n Kwalitatiewe, beskrywende, ondersoekende studie is uitgevoer deur middel van individuele onderhoude tot die versadigspunt bereik was. RESULTADE:  Die studie het getoon dat DOTS-implementering nie in ooreenstemming is met die WHO voorskrifte nie. Deelnemers berig struikelblokke soos beperkte menslike en materiële hulpbronne, oneffektiewe kommunikasie van beleid- en prosedureriglyne, oneffektiewe kommunikasie tussen dienslewerings-instellings en die gebrek aan kontinuïteit van sorg, sowel as ‚n gebrek aan optekening en verslaggewing. GEVOLGTREKKING:  Die studie beveel 'n omvattende werwingsproses aan wat groter opleiding en indiensneming van meer permanente gesondheidswerkers om TB te bekamp in die gemeenskap sal fasiliteer, asook om die DOTS-program in gemeenskappe met onderpresterende geriewe herbekend te stel. Dit sal broodnodige momentum gee aan pogings wat gerig is op die voorkoming van onderbreekte behandeling onder pasiënte.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons