SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.37 número2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Literator (Potchefstroom. Online)

versión On-line ISSN 2219-8237
versión impresa ISSN 0258-2279

Resumen

GROBLER, Carina  y  SMITS, Tom F.H.. Die ontwerp van 'n digitale pedagogiese patroon vir die verbetering van leerders se mondelinge kommunikasievaardighede. Literator [online]. 2016, vol.37, n.2, pp.1-9. ISSN 2219-8237.  http://dx.doi.org/10.4102/lit.v37i2.1273.

Suid-Afrikaanse voorgraadse vreemdetaalstudente het meer geleenthede nodig om hulle mondelinge kommunikasievaardighede te oefen. Nie net lewer die akademiese literatuur 'n pleidooi vir meer klem op mondelinge vaardighede nie (Delena-le Roux 2010), dit is ook een van die sentrale gevolgtrekkings uit 'n opname onder beginnerstudente wat Frans neem by die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (Suid-Afrika). Dit was dus noodsaaklik om 'n onderrig- en leerervaring te ontwerp wat daarop gemik is om beginnerstudente se mondelinge kommunikasievaardighede in Frans te verbeter. Laurillard (2012) se Gespreksraamwerk was die inspirasie vir die ontwerp van 'n digitale pedagogiese patroon (DPP) wat bestaan uit konteks en pedagogiese beskrywers ten einde vreemdetaalleerders se mondelinge vaardighede te ontwikkel. Die Gespreksraamwerk analiseer formele leer en die struikelblokke met die gebruik van nuwe tegnologieë in leer. Die implementeringsproses van 'n DPP vir die ontwikkeling van die mondelinge vaardighede van studente (in Frans) het drie siklusse, elk met sy eie uitkomste, en drie groepe deelnemers - die kontrolegroep en twee eksperimentele groepe - behels. Die toetsing van die voorgestelde DPP het belangrike insigte gebied wat geïntegreer behoort te word in die ontwerp van toekomstige digitale pedagogiese patrone vir die spesifieke konteks: deelnemersgroepe behoort tot twee beperk te word; leerervarings wat uitgevoer word tydens die beperkte onderrigtyd van 'n semester behoort verminder te word; daar moet verseker word dat elke stap van die leerervaring voldoen aan die vereistes van die Gespreksraamwerk. Studente-uitslae van die leerervarings in toekomstige studies behoort te onthul watter siklus die beste bydra tot die verbetering van mondelinge kommunikasievaardighede.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons