SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.37 número2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Literator (Potchefstroom. Online)

versión On-line ISSN 2219-8237
versión impresa ISSN 0258-2279

Resumen

NDHLOVU, Ketiwe. Die gebruik van ParaConc om tweetalige terminologie van parallel korpusse te onttrek: 'n Geval van Engels en Ndebele. Literator [online]. 2016, vol.37, n.2, pp.1-12. ISSN 2219-8237.  http://dx.doi.org/10.4102/lit.v37i2.1278.

Die ontwikkeling van die Afrikatale as wetenskap- en tegnologietale hang af van wat gedoen word om die gebruik van hierdie tale in gespesialiseerde domeine soos die tegnologie, handel, administrasie, die media, regte, wetenskap en onderwys te bevorder. Een moontlike manier waarop die Afrikatale ontwikkel kan word, is deur vakwoordeboeke saam te stel (Chabata 2013). Hierdie artikel verken die manier waarop parallelle korpora met 'n tweetalige konkordanser (ParaConc) deursoek kan word vir tweetalige terme wat dan gebruik kan word om tweetalige vakwoordeboeke saam te stel. 'n Engels-Ndebele Parallelle Korpus het as bron gedien en ParaConc is gebruik om 'n alfabetiese lys saam te stel waarvoor vertalings verskaf is. Hierdie vertalings het moontlike terme verskaf wat in 'n tweetalige woordeboek opgeneem kan word. Die frekwensielys in ParaConc is tesame met sy 'hot words'-instrument aangewend om gepaste terme te bepaal wat in die woordeboek opgeneem kan word en om ook moontlike sinonieme te identifiseer. Aangesien parallelle korpora belyn word, en alle data in konteks (Key Word in Context) verskyn, was dit moontlik om voorbeelde uit te lig om aan te toon hoe trefwoorde gebruik kan word. Met hierdie benadering was dit moontlik om resultate baie vinnig en akkuraat te bekom terwyl die vertaling van terme met die hand bykans uitgeskakel word. Daar word aangetoon dat die gehalte van die woordeboek duidelik afhang van die gehalte van die korpus en derhalwe word die behoefte aan 'n verteenwoordigende en skoon korpus beklemtoon. Alhoewel woordeboekmaak op veelvoudige maniere baat vind by moderne tegnologie, beklemtoon die navorsing ook die belangrikheid van samewerking tussen leksikograwe, vertalers, vakkenners en teikengebruikers sodat verteenwoordigende woordeboeke geskep kan word.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons