SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.41 número1'n Oorspronklike blik op menswees in twee dramas deur Philip Rademeyer índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Literator (Potchefstroom. Online)

    versión On-line ISSN 2219-8237versión impresa ISSN 0258-2279

    Literator vol.41 no.1 Mafikeng  2020

    https://doi.org/10.4102/lit.v41i1.1637 

    LITERA

     

    Vier gedigte uit Brandenburg

     

     

    Authors: Charl-Pierre NaudéI; Rentia Bartlett-MöhlII

    IDepartment of Afrikaans, Dutch, German and French, Faculty of Humanities, University of the Free State, Bloemfontein, South Africa
    IIPrivate, Johannesburg, South Africa

    Correspondence

     

     

    Auf dem Heimweg

    Zehn Minuten von Zuhause entfernt
    geraten wir in eine andere Welt. Dort
    steht Bobrowski auf der Leiter, hämmert
    am Dach seiner Nebelhütte und schüttelt
    den Kopf über unsere Frage nach dem Weg
    vor unseren Füßen. Auf den nixengrünen
    Hügeln liegt ein Nachmittag, der schon
    gestorben ist, in seinem Glück vielleicht.

    Auch wenn es sie gäbe, Paralleluniversen
    bedeuten, du kannst denselben Abzweig
    nicht noch einmal verfehlen. Dieses Mal
    weiß auch Bobrowski nicht weiter, er wohnt
    gar nicht hier, und wir müssen es sein,
    die in kalten Fingern ein armes löchriges
    Firmament aus glitzernder Pappe halten,
    du an dem einen, ich am anderen Giebel.

    Licht sickert aus dem Garten durch einen,
    wo zwei mit ihren Schatten gehen und reden,
    in einen dritten ohne Schatten, und was sie
    sagen würden, steht als Rauch aus ihren
    Mündern überm Schnee. Der Alte spuckt
    Nägel, nickt über den First: Da entlang
    könnt ihr verschwinden, und wir, Figuren,
    die der Held einer Komödie erzählt, folgen.
    (Geist 2018:n.p.)

     

    'working wood'

    heute früh
    wieder, da war es
    schon beinahe hell: Holz
    unter den Bedingungen der Bucht.
    Ächzend, einsilbig, januarklar.

    Ich suchte danach, in meiner Sprache,
    doch es lässt sich nicht hören in ihrem Überfluss
    an Silben. Arbeitendes Holz ist so hässlich
    wie wirkendes schief.

    Erst im flachen Schlaf knistert, was ich nicht mehr erlebte,
    der große Petroleumkauf der Teppichweber von Kuyan-Bulak
    für die Trockenlegung des Sumpfs, dem das Fieber entschwirrte,
    und die langwierigen Fragen der Leute unterm lodernden Dach
    an Buddha, ob es wirklich brenne hier oder nicht doch woanders.

     

    Op pad huis toe

    Tien minute van die huis af
    beland ons in 'n ander wêreld. Daar
    staan Bobrowski op 'n leer, timmer
    aan die dak van sy newelige hut en skud
    sy kop vir ons vraag na die weg
    vir ons voete. Op die meermingroen
    heuwels lê 'n namiddag reeds
    gestorwe, vermoedelik in sy vrede.

    Selfs al sou dit bestaan, die eweheelalle
    beteken nie jy kan 'n afdraai
    twee keer misloop nie. Hierdie keer
    het Bobrowski ook nie raad nie, hy woon
    glad nie hier nie, en dit moet óns wees
    wat so met koue vingers 'n gehawende
    uitspansel van skitterkarton omhoog hou,
    jy by die een gewel, ek by die ander.

    Lig syfer van die tuin af deur een,
    waar twee met hul skadu's geselsend
    'n skadulose derde instap, en wat hulle
    wou sê, kom soos rook by hul
    monde uit bo die sneeu. Die grysaard spuug
    spykers, wys met kopknik oor die nok:
    Verdwyn maar daarlangs. En ons, figure,
    vertel deur die held in 'n klug, volg.

     

    'working wood'

    vroegdag
    weer, toe dit
    byna lig is: hout
    wat weens die omstandighede in die baai
    kreun, eenlettergrepig, Januarie-skerp.

    Ek het daarna gesoek, in my taal,
    maar kon niks daarvan hoor in die oorvloed
    sillabes nie. Hout wat bewerk word, is ewe ontwrig
    as bewerkte hout wat skeef is.

    Eers in ligte slaap knetter dit wat ek reeds deurgemaak het,
    die matborduurders van Koejan-Boelak se groot petrolaankoop
    om die moeras te dreineer waaruit die koors gons,
    en hul langdradige vrae aan die Boeddha onder die brandende dak:
    Brand dit werklik hier en nie iewers anders nie?

    Während ich träume,
    sie verloren geben zu können, anstatt sie verlieren zu müssen,
    knarrt es vom Dachstuhl her von Versäumnissen (wieder
    nicht, noch und noch
    ), lässt die Fensterläden versagen,
    arbeitet an der Tür, gegen die ich gestern antrat,
    dass sie nicht mehr schließt, während ich träume,
    es ist besser als die gelenkige Sprache im Traum,
    redet es lange,

    nachdem man es schlug,
    den Zerfall des Hauses herbei.
    (Geist 2018:n.p.)

     

    Die Vermissten

    Zur Erinnerung für das Tier
    lassen sie das Licht an.
    Sie haushalten nicht,
    mit Energie, sie entbehren.

    Es jagt, sagen sie sich.
    Zu leicht zu haben,
    ist die Büchse erst mal geöffnet,
    sind Geflügelgelee und gehäckselte Knochen.

    Sie vermissen das Fell, ihre Hände,
    feuchtkalt, erschrecken voreinander ohne den Körper,
    der ihnen beiden gehörte.

    Ihn treibt es unters tropfende Vordach,
    qualmen, sie in den Garten, ab zum Bach,
    der zorndick dem Sund zu läuft.

    Das gemästete Biest jagt.
    In den Daunen fühlen sie seine Sehnsucht
    nach etwas, das zappeln und bluten kann,
    sticheln, dann dringt es vor zu ihnen,
    dringt ein wie Hahnsamen ins Dotter,
    bevor es zur Schale kommt.

    Sie verzichten auf jeden Versuch,
    es besser zu haben. Die Türen bleiben offen,
    die Fensterbeete bestrahlt von Watt,
    brechen sie morgens auf zum Steg.

    Er zittert an seinen Krücken,
    seine Augen schwimmen in Tränen,
    wenn sie loswatet, sich Stück für Stück entfernt
    bis aufs Geräusch des Widerstands,
    den sie dem Wasser bietet, und beide,
    Kälte und Nähe, sind da.
    (Geist 2018:n.p.)

     

    Klärung

    Keinesfalls sei das Schwarz der letzten Gemälde
    ein Vorbote, so seine Tochter. Ihr Haar ist direkter
    Nachfahre der späten Palette, ein Strich so satt,
    dass er bis nach Texas reicht. Wohin es mich zog,

    Terwyl ek droom
    dat ek iets kan opgee pleks van om dit te moet verloor,
    knars die dakbalke van nalatighede (nog nie,
    en nogmaals nie), laat dit die luike ingee,
    en werk dit in op 'n deur waarteen ek gister geskop het
    en wat nie meer sluit nie; terwyl ek droom,

    doen die hout beter as buigsame tale in 'n droom,
    en praat dit lank
    nadat dit gekap is
    oor die verval van die huis.

     

    Die vermistes

    Sodat die dier kan onthou,
    los hulle die lig aan.
    Hulle leef nie spaarsamig
    met krag nie, hulle ontbeer.

    Hy jag, vertel hul mekaar.
    Te maklik,
    dié hoenderkwab met gemaalde been
    as die blik eers oopgeskroef is.

    Hulle mis die pels, hul klamkoue hande
    skrik vir mekaar sonder daardie lyfie
    wat hulle gedeel het.

    Uitgedryf na die druppende afdakkie rook hy vuriglik,
    sý in die tuin tot by die stroompie
    wat woed op pad na die baai.

    Die vetgevoerde dier jag.
    In die vere vind hulle sy verlange
    na iets wat kan spartel en bloei,
    met verwyte, dan dring dit by hulle op
    soos haansaad wat 'n dooier binnedring
    voordat die dop vorm.

    Hulle laat vaar die pogings
    om dinge te verbeter. Die deure bly oop,
    en die vensterbanke straal van die watts
    as hul soggens na die kaai loop.

    Hy bibber op sy krukke,
    sy oë swem in trane,
    wanneer sy wadend stuk vir stuk verder raak
    behalwe vir die geraas van verset
    wat sy vir die water gee, en beide,
    die koudheid én nabyheid, daar is.

     

    Verheldering

    Die swart van sy laaste skilderye was beslis geen
    voorbode, verklaar sy dogter. Haar hare,
    wat direk uit sy laat palet spruit, is 'n verfstreep só vol en breed
    dat dit tot in Texas strek. Waarheen dit my trek
    seit ich zum ersten Mal aufbrach vor Tagesanbruch,
    vierjährig, auf dem eisblauen Sitz in schlafrotem
    Pullover und in Erwartung, nicht wissend wessen.
    Eine Kordel hielt die Nacht im Fenster des Fiat

    und die Strähnen vom Anfang zusammen. Ich floss
    ein in den Asphalt und die Wand, den Wald, Amseln
    zeichneten sich ab im Gedächtnis und dunkelten nach
    auf den Masten in Texas, das ein Land aus steinaltem

    Tannenhonig war, eine Leinwand, die das Schwarz
    aus den morgentraurigen, formlosen Dingen sog,
    es schluckte wie geschmolzenen Zucker, einer Kapelle
    aus Amseln zum Futter, da wo die anfangen in Texas.
    (Geist 2018:n.p.)

     

    Vier gedigte uit Brandenburg

    Vertaal deur Charl-Pierre Naudé en Rentia Bartlett-Möhl

    sedert my eerste voordagvertrek:
    Vier jaar oud, op 'n ysblou motorsitplek, met my slaaprooi
    jakkie aan, wagtend op iets, ek weet nie mooi wat nie.
    'n Ferweelkoord hou die nag buite die Fiat-venster

    en die haarslierte van die begin bymekaar. Ek vervloei
    in die teer, en die symuur, die woud, merels
    vergestalt in my geheue en verdonker
    op die drade in Texas, plek van steenoue

    denneheuning, op 'n verfdoek wat die swart
    uit die oggendtriestige, vormlose dinge suig
    en afsluk soos lopende suiker, om 'n kapel
    van merels te voer, by die punt in Texas, waar hulle begin.

    Biografie: Sylvia Geist

    Die digteres Sylvia Geist is in 1963 in Wes-Berlyn gebore en het daar grootgeword. Die gedigte kom uit haar jongste digbundel Fremde Felle (2018, Hanser-Berlyn), wat soos haar ander werk met groot lof en toekennings ontvang is. Sy kan tot die eerste rang van eietydse lewende digters in Duits gereken word. Sy woon in Duitsland se provinsie Brandenburg nie te ver van die Poolse grens af nie. Benewens skrywer is sy in die chemie gekwalifiseer.

    Enkele notas by die vertalings

    • Op pad huis toe: Die gedig bring 'n tipiese kontreipad in die oostelike platteland van Duitsland tot lewe. 'Brobowski' is 'n verwysing na die digter Johannes Brobowski (1917-1965). Ná die verdeling van Duitsland in die sestigerjare word Brobowski deur die noodlot 'n burger van Oos-Duitsland omdat hy in die oostelike deel van Berlyn gewoon het.

    • 'working wood': Die titel verwys na die klank wat hout maak as dit uitsit en inkrimp. Die gedig vermeld twee gedigte van Bertolt Brecht: 'Die tapytwewers van Koejan-Boelak vereer Lenin' en 'Boeddha se gelykenis van die brandende huis'.

    • Verheldering: Hierdie gedig verwys na Kate Rothko, dogter van die kunstenaar Mark Rothko, wat oor haar pa se werk praat. Sy het swart hare en die kleur swart speel 'n rol in haar pa se werk. Die Rothko-kapel in Texas is 'n huldigingsplaats vir Rothko se werk. Die digter het my meegedeel dat sy as kind op vakansies met haar ouers na die woude van Oostenryk per motor gegaan het. Hierdie reise het ten dele deur die beleërde Oos-Duitsland geloop en die pad word in surrealistiese verband gebring met die pad na Texas waar die Rothko-kapel staan.

     

    Reference

    Geist, S., 2018, Fremde felle gedichte, Hanser Berlin, Berlin.

     

     

    Correspondence:
    Charl-Pierre Naudé
    charlpierren@gmail.com

    Received: 09 July 2019
    Accepted: 06 Oct. 2020
    Published: 10 Dec. 2020