SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.28 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Lexikos

versión On-line ISSN 2224-0039
versión impresa ISSN 1684-4904

Resumen

MULLER-SPITZER, Carolin et al. Akkurate hipoteses en noukeurige lees is noodsaaklik: Resultate van 'n waarnemingstudie uitgevoer op leerders wat aanlyn taalhulpbronne gebruik. Lexikos [online]. 2018, vol.28, pp.287-315. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/28-1-1466.

In die afgelope twee dekades is al hoe meer woordeboekgebruikstudies gepubliseer, maar die meeste van hierdie studies handel oor vraagstukke wat verband hou met wat gebruikers van woordeboeke waardevol vind, watter woordeboeke hulle gebruik en watter tipe inligting hulle in spesifieke situasies benodig - met die voorveronderstelling dat gebruikers inderdaad leksiko-grafiese hulpbronne raadpleeg. Taalonderwysers en dosente in die linguistiek kry dikwels die indruk dat studente nie genoeg hoëkwaliteitwoordeboeke in hul daaglikse werk gebruik nie. Met hierdie siening in gedagte het ons 'n internasionale samewerkingsprojek van stapel gestuur om empiriese data te versamel om sodoende te kan evalueer wat dit is wat studente in werklikheid doen wanneer hulle taalprobleme probeer oplos. Om hierdie doel te bereik het ons gebruik gemaak van 'n nuwe metodologiese omgewing: skermopnames saam met 'n opdrag wat uitgevoer moet word terwyl daar hardop gedink word. Die versamelde empiriese data verskaf 'n breë insig in wat gebruikers werklik doen terwyl hulle poog om taalverwante take aanlyn op te los.

Palabras clave : woordeboekgebruik; waarnemingstudie; taal(aan)leerders; aanlyn hulpbronne; soekstrategieë; aanlyn woordeboeke; outomatiese vertalers.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons