SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.30Lexicography and Language Planning in 18th Century SwedenSelecting an Initial Lemma List in Specialized Lexicography: A Case Study in the Field of Graphic Engineering índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Lexikos

versión On-line ISSN 2224-0039
versión impresa ISSN 1684-4904

Resumen

BOTHMA, Theo J.D.  y  GOUWS, Rufus H.. e-Woordeboeke in 'n netwerk van inligtingswerktuie in die e-omgewing. Lexikos [online]. 2020, vol.30, pp.1-28. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/30-1-1588.

Tradisionele woordeboeke bied gekeurde data aan gebruikers. Daarom behoort gebruikers die korrekte data te kan vind om 'n inligtingsbehoefte te bevredig. Gebruikers weet egter nie altyd wat die presiese bestek van die leksikografiese inligting is nie. Woordeboekartikels stel steeds eise aan die gebruiker om die gepaste betekenis of ekwivalent te kies. In die e-omgewing kan gebruikers maklik tussen verskillende e-bronne rondbeweeg. Dit geld veral op verskillende e-boekplatforms waar baie woordeboeke en ander bronne aan 'n teks of internetsoektog gekoppel kan word. Internetinhoud is vanselfsprekend nie gekeur nie en om toe-gang tot sulke data te gee, is bykans 'n gruwel vir tradisionele leksikograwe. 'n Tradisionele woor-deboek is die produk van 'n toepassing van datatrekprosedures. Die aanlyn omgewing maak die gebruik van datastootprosedures moontlik wat aan gebruikers toegang tot sowel gekeurde as ongekeurde data gee. Hierdie kwessies word geïllustreer aan die hand van 'n aantal voorbeelde wat wys hoe talle verskillende en uiteenlopende inligtingsbronne maklik beskikbaar is vir gebruikers om enige spesi-fieke inligtingsbehoefte te bevredig en dat 'n woordeboek een van baie inligtingsbronne is. Die inligting is op aanvraag beskikbaar sonder die gevaar van inligtingsoorlading. Daar word aangevoer dat wanneer 'n netwerk van inligtingswerktuie optimaal saamgestel word wat 'n omvattende soekuniversum bied, moet die inligtingsonttrekkingstruktuur verkieslik 'n sirkel-netwerk eerder as 'n lineêre kontinuum as toepassingsgebied hê.

Palabras clave : data stoot; data trek; dataverspreidingstrukture; GEBRUIKERSINLIGTINGSBEHOEFTES; INLIGTINGSBRONNE; INLIGTINGSWERKTUIE; KONTEKSTUALISERING; NETWERK VAN INLIGTINGSWERKTUIE; SLIM e-WOORDEBOEKE; SOEKPLEKKE.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons