SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.30Selecting an Initial Lemma List in Specialized Lexicography: A Case Study in the Field of Graphic EngineeringSpecial Field and Subject Field Lexicography Contributing to Lexicography índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Lexikos

versión On-line ISSN 2224-0039
versión impresa ISSN 1684-4904

Resumen

FUERTES-OLIVERA, Pedro A.  y  ESANDI-BAZTAN, M.A.. Die integrasie van terminologiese hulpbronne in woorde-boekportale: Die geval van die Diccionarios Valladolid-UVa. Lexikos [online]. 2020, vol.30, pp.1-21. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/30-1-1598.

In hierdie artikel word die konvergensie van terminologie en leksikografie bepleit, en hierdie siening word geïllus-treer deur sommige van die stappe vir die inkorporering van terminologiese hulpbronne en idees in 'n aanlyn woordeboekportaal wat by die Universiteit van Vallodolid (Spanje) saamgestel word, voor te lê. Hierdie woordeboekportaal bevat verskeie woordeboektipes, is deur dieselfde span ontwerp en word vanuit dieselfde teoretiese perspektief saamgestel, ongeag of sommige van die leksi-kale items wat ingesluit word as "leksikografies" beskou word, m.a.w. verwant aan algemene taaluit-drukkings, of as "terminologies", m.a.w. verwant aan terme. Benewens die hantering van sekere basiese woordeboekportaalbeginsels, beskryf die artikel ook 'n ad-hoc-tipologie van definisies wat hoofsaaklik om twee redes geskep is. Eerstens vergemaklik dit die samestellingsproses en maak dit ook eenvormiger en makliker om te sistematiseer. Sodoende word die pogings van verskillende mense op verskillende plekke en tye gefasiliteer. Tweedens sal hierdie definisies as bron dien vir die Spaans-Engelse Write Assistant, 'n kommersieelgedrewe taalhulpmiddel wat gebruik maak van 'n taalmodule wat op statistiek berus en wat Kunsmatige Intelligensie (KI)-tegnologie, bv. masjien-leer en neurale netwerke, inspan vir die skep van patrone. Ons het bevind dat presiese definisies, soortgelyk aan terminologiese (m.a.w. ensiklopediese) definisies, vir die meeste lemmas die funk-sies van die hulpmiddels uitbrei. Sulke definisies bied 'n heeltemal ander blik op bestaande eentalig Spaanse en tweetalig Spaans-Engelse woordeboeke.

Palabras clave : woordeboekportaal; aanlyn woordeboeke; definisie; ENGELS; SPAANS; KONVERGENSIE VAN TERMINOLOGIE EN LEKSIKOGRAFIE; KI-TEGNOLOGIE.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons