SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.30Integrating Terminological Resources in Dictionary Portals: The Case of the Diccionarios Valladolid-UVaThe LeGeDe-prototype: The Creation of an Online Dictionary on Lexical Particularities in Spoken German. Current Status and Perspectives índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Lexikos

versión On-line ISSN 2224-0039
versión impresa ISSN 1684-4904

Resumen

GOUWS, Rufus H.. Spesialeveldleksikografie en vakleksikografie lewer 'n bydrae tot leksikografie. Lexikos [online]. 2020, vol.30, pp.1-28. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/30-1-1568.

Beperkteveldwoordeboeke is volwaardige woordeboeke en hulle bydrae tot die leksikografie mag nie onderskat word nie. Aangesien beperkteveldwoordeboeke dikwels in leksikografiese gesprekke afgeskeep word, beklemtoon hierdie artikel die belang van hulle rol as lede van die woordeboekfamilie. In 'n omvattende woordeboekkultuur moet die fokus nie net op woordeboeke vir taal vir algemene doeleindes wees nie, maar ook op woordeboeke waarin die taal vir spesifieke doeleindes bewerk word. Dié artikel bied eerstens 'n terminologiese vereenduidiging en onderskei tussen vakwoordeboeke en spesialeveldwoordeboeke. Daarna word die gebruikers-perspektief bespreek voordat daar aangetoon word hoe aspekte van die algemene leksikografie ook in hierdie woordeboeke ter sake is. Dit geld onder meer aspekte van die subtipologiese verdeling asook verskillende leksikografiese funksies. Aan die hand van 'n lid van elk van die kategorieë van vak- en spesialeveldwoordeboeke word daar gewys hoe veral woordeboekstrukture op 'n innoverende manier in hierdie woordeboeke benut en aangepas word. Aandag word onder meer gegee aan die artikelstruktuur en die raamstruktuur asook 'n transtekstuele benadering in eentalige woordeboeke met 'n tweetalige dimensie. Die fokus in die bespreking van die vakwoordeboek is veral op verskillende aspekte van die makrostruktuur. 'n Beskrywing word gebied van dubbelvlak-kige sublemmata. Daar word ook gewys hoe geïntegreerde makrostrukture in die betrokke woor-deboek gebruik word. Daar word aangedui hoe vanuit hierdie afdeling van die leksikografie-praktyk die terrein van die metaleksikografie en woordeboeknavorsing verruim kan word.

Palabras clave : AANLEERDERWOORDEBOEK; AGTERTEKSTE; DEELARTIKELTRAJEKTE; DUBBELVLAKSUBLEMMATA; EERSTEVLAKSUBLEMMATA; GEBRUIKERSPERSPEKTIEF; GEÏNTEGREERDE MAKROSTRUKTURE; GIDSELEMENT; SPESIALEVELDWOORDEBOEK; SUBLEMMATA; TRANSTEKSTUELE BENADERING; VAKWOORDEBOEK.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons