SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.30Performing Non-sexism via Degendering Phorie Forms in English: The Gap between Rules and Practice as Observed in the 9th Edition of Oxford Advanced Learner's Dictionary of Current EnglishLexicographic Treatment of Negation in Sepedi Paper Dictionaries índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Lexikos

versión On-line ISSN 2224-0039
versión impresa ISSN 1684-4904

Resumen

PRCIC, Tvrtko. Die onderrig van leksikografie as universiteitskursus: Teoretiese, praktiese en kritiese oorwegings. Lexikos [online]. 2020, vol.30, pp.1-28. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/30-1-1597.

In hierdie artikel word verslag gelewer oor 'n universiteitskursus in die leksikografie wat spesiaal ontwerp is vir gevorderde EVT-studente. Die bespreking en gepaardgaande materiaal spruit uit die outeur se ervaring van ongeveer vyftien jaar in die ontwikkeling en onderrig van hierdie kursus. Die doel met die artikel is tweevoudig: eerstens, om die aandag daarop te vestig dat die leksikografie vandag nie meer net die "art and craft" van woordeboekmaak van die verlede is nie, maar 'n volledig toegepaste linguistiese dissipline met 'n eie teorie, metodologie en praktyk, waarvan gedeeltes onderrig kan word as 'n toegewyde akade-miese vak; en tweedens, om die onderrig van die praktiese en teoretiese leksikografie by universiteitstudente met behulp van konkrete voorstelle te bevorder. Die uiteensetting wat in in vyf dele verdeel is, is as volg: Afdeling 1 bevat 'n paar inleidende opmerkings, insluitende dié oor die wetenskaplike status van die leksikografie; Afdeling 2 beskou teoretiese aspekte rondom die ontwerp van die kursus; Afdeling 3 beskryf die praktiese aspekte rondom die implementering van die kursus; Afdeling 4 ondersoek die kritiese aspekte rakende die evaluering van die kursus; en Afdeling 5 som die belangrikste argumente van die artikel op en voorspel toekomstige veranderings aan die kursus.

Palabras clave : die leksikografie as universiteitskursus; die onderrig van LEKSIKOGRAFIE; EVT-UNIVERSITEITSTUDENTE; TEORETIESE OORWEGINGS; ONTWERP VAN DIE KURSUS; PRAKTIESE OORWEGINGS; IMPLEMENTERING VAN DIE KURSUS; KRITIESE oorwegings; evaluering van die kursus.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons