SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.30A Critical Evaluation of Three Sesotho DictionariesA Model for an Online Specialized Dictionary for GIS índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Lexikos

versión On-line ISSN 2224-0039
versión impresa ISSN 1684-4904

Resumen

TARP, Sven  y  GOUWS, Rufus. Naslaanvaardighede of mensgerigte ontwerp: Op pad na 'n nuwe leksikografiese kultuur. Lexikos [online]. 2020, vol.30, pp.1-29. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/30-1-1600.

Hierdie artikel handel oor die ontwerp van digitale leksikografiese produkte. Dit stel die filosofie van mensgerigte ontwerp bekend, soos uiteengesit in die werk van Don Norman, en bespreek sentrale ontwerpsbegrippe soos beskikbaarhede, aanduiders, terugvoering en ander vorme van goeie kommunikasie tussen leksikograaf en gebruiker. Die suksesvolle gebruik van tradisionele woordeboeke het dikwels berus op die vermeende naslaanvaardighede van die veronderstelde teikengebruikersgroep. Veral in gedrukte woordeboeke met hulle ruimtebeperkings het leksikograwe verdigte inskrywings, afkortings en verskillende tipes struktuurmerkers gebruik om ruimte te spaar. Dit was dikwels tot die nadeel van die gebruiker wat moes sukkel om die nodige inligting aan die aangebode data te onttrek. Die aanlyn omgewing het nuwe moontlikhede vir leksikograwe geskep om hulle gebruikers op 'n baie beter manier by te staan. Met behulp van beginsels van mensgerigte ontwerp, soos uiteengesit in die werk van Don Norman, bespreek hierdie artikel die inwerkingstelling van die toepassing van sommige van hierdie benaderings in bestaande aanlyn woordeboeke. Deur verder as tradisionele aanlyn woordeoeke te kyk, word voorbeelde uit geïntegreerde e-leeswoordeboeke en leksikografies ondersteunde skryfhulpe geneem waar nog sterker mensgerigte ontwerpskenmerke m.b.t onderskeidelik teksresepsie- en teksproduksiehulp na vore tree. Waar die oorspronklike begrip van 'n woordeboekkultuur primêr berus het op die naslaanvaardighede van die gebruiker word 'n nuwe leksikografiese kultuur voorgestel wat op mensgerigte ontwerpsbeginsels steun. Dit plaas die verantwoordelikheid op die skouers van die leksikograaf om leksikografiese produkte te ontwerp wat intuïtiewe gebruik moontlik maak en verbeterde leksikografiese sukses verseker.

Palabras clave : naslaanvaardighede; woordeboekkultuur; leksiko-GRAWE SE VERANTWOORDELIKHEID; MENSGERIGTE ONTWERP; INTUÏTIEWE GEBRUIK; BESKIKBAARHEDE; AANDUIDERS; TERUGVOERING; INTERDISSIPLINÊRE SAMEWERKING; NUWE LEKSIKOGRAFIESE KULTUUR.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons