SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.30Towards Accuracy: A Model for the Analysis of Typographical Errors in Specialised Bilingual Dictionaries. Two Case StudiesAccess Routes to BODY PART Multiword Expressions in the 'Big Five' MELDs: Use of Hyperlinks índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Lexikos

versión On-line ISSN 2224-0039
versión impresa ISSN 1684-4904

Resumen

VRBINC, Marjeta; SIPKA, Danko  y  VRBINC, Alenka. Normatiewe etikette in twee leksikografiese tradisies: 'n Sloweens-Engelse gevallestudie. Lexikos [online]. 2020, vol.30, pp.561-582. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/30-1-1604.

In hierdie artikel word die bevindings van 'n studie wat uitgevoer is op gebruikers van eentalige Sloweense en Amerikaanse woordeboeke voorgelê en bespreek. Die doel van die artikel was om te bepaal hoe moedertaalsprekers van Sloweens en Amerikaanse Engels sekere normatiewe etikette in eentalige woordeboeke interpreteer. Die data is verkry deur vraelyste te ontwikkel wat die ingesteldheid van gebruikers van eentalige woorde-boeke teenoor normatiewe etikette en die effek daarvan op woordeboekgebruikers belig. Die resultate dui daarop dat 'n hoër vlak van preskriptiwiteit in die Sloweense taalkundige kultuur waargeneem word in die Sloweense respondente se begrip van die etikette (byvoorbeeld, 'n sterker invloed van die normatiewe etikette, 'n groter goedkeuring van die stelling oor die bruikbaarheid van die etikette, 'n aansienlik laer algemene aannamevlak by die standaardtaal) wanneer dit vergelyk word met die persepsie van die Amerikaanse respondente, aangesien die Amerikaanse taalkundige kultuur geneig is om meer deskriptief te wees. Gebruikers soek egter dikwels in woorde-boeke antwoorde op hul taalkundige vrae, wat daarop dui dat hulle ten minste 'n sekere graad van normatiwiteit verwag. Aangesien albei benaderings die gebruikers beïnvloed, moet daar 'n balans tussen deskriptiewe en preskriptiewe benaderings gevind word.

Palabras clave : algemene eentalige woordeboek; preskriptiwiteit; norma-TIWITEIT; DESKRIPTIWITEIT; NORMATIEWE ETIKETTE; PRIMÊRE UITSLUITINGSETIKETTE; SEKONDÊRE UITSLUITINGSETIKETTE; GEBRUIK VAN ETIKETTE; BRUIKBAARHEID VAN ETIKETTE; (ON)GEËTIKETTEERDE INSKRYWINGS.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons