SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.31A Model for an Online Specialized Dictionary for GISCreating a Slovene-French LSP Dictionary for translation purposes índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Lexikos

versión On-line ISSN 2224-0039
versión impresa ISSN 1684-4904

Resumen

ZUGIC, Dragica  y  VUKOVIC-STAMATOVIC, Milica. Probleme met die definiëring van etniese terme in woorde-boeke. Lexikos [online]. 2021, vol.31, pp.177-194. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/31-1-1635.

Ondanks die feit dat leksikograwe in die definiëring van sosiaal-sensitiewe terme toene-mend versigtigheid aan die dag lê, word hier aangevoer dat etniese terme steeds redelik swak gedefinieer is. In 'n aantal aanlyn eentalige woordeboeke wat ons in hierdie studie ondersoek het, vind ons dat etniese terme oor die algemeen simplisties gedefinieer word, meestal in terme van geografie en burgerskap, en ons redeneer dat hierdie definisies té reduksionisties en soms selfs fou-tief is. Dit het ook geblyk dat sommige neerhalende etniese terme in sommige van die woorde-boeke wat ondersoek is nie as sodanig geëttiketteer is nie. Ons lê ook 'n gevallestudie uit Montenegro voor, waarin 'n woordeboek van die nasionale akademie van wetenskappe weens 'n paar etniese en etniesverwante terme onmiddellik onttrek is ná die geweldadige protes van twee etniese minderhede in Montenegro wat ontevrede was met die manier waarop hul etnisiteite in die woordeboek gedefinieer en hanteer is. Gegrond op ons ondersoek en die vroeëre bevindings uit die literatuur, stel ons voor dat internasionale woordeboeke 'n gestandaardiseerde model vir die definiëring van etniese terme volg wat ook sal verwys na die kultuur en moontlik taal van 'n etniese groep, en wat so inklusief moontlik sal wees. Ons beveel ook aan dat redakteurs en leksikograwe van nasionale woordeboeke besondere aandag skenk aan die manier waarop hulle die etniese terme rakende minderhede wat in hul land of streek woon, definieer deur 'n kombinasie van 'n gestandaardi-seerde en gedeeltelik pasgemaakte benadering te volg waarin die spesifieke eienskappe van die minderhede in ag geneem sal word.

Palabras clave : etniese terme; etniesverwante terme; woordeboeke; Etikette.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons