SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.32Teaching Lexicography as a University Course: Theoretical, Practical and Critical ConsiderationsA Critical Evaluation of Three Sesotho Dictionaries índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Lexikos

versión On-line ISSN 2224-0039
versión impresa ISSN 1684-4904

Resumen

DE WET, Maret Blom. 'n Prototipe-aanlyn Afrikaanse akademiese redigeerwoordeboek. Lexikos [online]. 2022, vol.32, pp.301-325. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/32-1-1740.

Die nagraadse studente aan hoeronderwysinstellings in die Suid-Afrikaanse konteks het volgens Van Aswegen (2007: 1141) onvoldoende akademiese skryfvaardighede en 'n tekort aan navorsingsvaardighede; daarom groei die aanvraag na die diens van redigeerders wat spesifiek akademiese tekste redigeer. Die redigeerders van Afrikaanse akademiese tekste onder-vind egter probleme met naslaanbronne (stylgidse of standaardiseringsbronne) wat hulle kan gebruik om konsekwentheid in die akademiese tekste te verseker. Gevolglik het hierdie redigeerders 'n behoefte aan 'n Afrikaanse woordeboek wat spesiaal gerig is op die behoeftes van akademiese redigeerders (Blom 2020: 18).'n Model vir die ontwerp van 'n aanlyn Afrikaanse akademiese redigeerwoordeboek (Blom se 2018-woordeboekmodel) is opgestel as die eerste deel van 'n groter projek wat daarop gemik is om 'n volledige aanlyn Afrikaanse akademiese redigeerwoordeboek saam te stel. Ten einde Blom se 2018-woordeboekmodel te implementeer om 'n volledige woordeboek saam te stel, moet 'n prototipewoordeboek ontwikkel word en dan getoets word deur sy teikengebruikers (akademiese redigeerders). In hierdie artikel is die beginsels van die funksieteorie (Fuertes-Olivera en Tarp 2014), Gouws (2014a; 2014b; 2018a; 2018b; 2018c; 2018d) se aanpassings van die algemene leksikografieteorie en bruikbaarheidsteoriee (ISO-standaard 9241 (1998a)(1998b)(2006)) gebruik om die genoemde prototipe-Afrikaanse akademiese redigeerwoordeboek saam te stel. Hierdie geintegreerde teorie maak die samestelling van 'n gebruikersvriendelike prototipewoordeboek moontlik, wat in 'n opvolgstudie deur herhaalde bruikbaarheidstoetse met die eind- of teikengebruikers as toetsdeelnemers geevalu-eer sal word.

Palabras clave : woordeboeksamestelling; akademiese redigeerwoordeboek; prototipewoordeboek; elektroniese leksikografie; funksieteorie; algemene leksikografieteorie; bruikbaarheidsteoriee; geintegreerde teorie.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons