SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.33Selecting an Initial Lemma List in Specialized Lexicography: A Case Study in the Field of Graphic EngineeringSpecial Field and Subject Field Lexicography Contributing to Lexicography índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Lexikos

versión On-line ISSN 2224-0039
versión impresa ISSN 1684-4904

Resumen

AIELLO, Flavia  y  TRAMUTOLI, Rosanna. KIU (Kiswahili-Italiano-UniOr): Die UniOr aanlyn woordeboek vir Italiaanse L1-Swahili-aanleerders. Lexikos [online]. 2023, vol.33, pp.90-108. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/33-1-1798.

KIU is 'n aanlyn tweetalige Swahili-Italiaanse woordeboek met ongeveer 6000 inskrywings wat hoofsaaklik gerig is op Italiaanse L1-Swahili-aanleerders en wat deur die Universiteit van Napels 'L'Orientale' ontwikkel is. Die projek is in 2003 deur M. Toscano van stapel gestuur en is met die samewerking van taalkundiges en jong navorsers tot 2009 ontwikkel met die doel om aanlyn leksikale hulpbronne uit Swahili na Italiaans vir aanleerders van die taal aan te bied. Ná 'n lang onderbreking is die werk in 2019 deur die outeurs van hierdie artikel in samewerking met M. Toscano en 'n span kundige IT-tegnici hervat. Die werk bestaan tans uit die ex novo-ontwikkeling van die woordeboeksagteware wat verouderd geraak het asook uit 'n herontwerp van sommige leksikografiese kenmerke. In hierdie verslag sal ons aantoon hoe die opgegradeerde weergawe van die woordeboeksagteware, met inagneming van die standaard leksikografiese eienskappe van Swahili-Italiaanse tweetalige woordeboeke, geïmplementeer is met relevante aanleerder-georiënteerde kenmerke. Die woordeboek verleen waardevolle steun aan L2-aanleerders en is die enigste aanlyn Swahili-Italiaanse woordeboek wat spesifiek vir universiteitstudente en vir Italiaanse gebruikers oor die algemeen geskep is.

Palabras clave : swahili; italiaans; aanlyn woordeboek; aanleerders; leksikografie.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons