SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.33A Critical Evaluation of Three Sesotho DictionariesA Model for an Online Specialized Dictionary for GIS índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Lexikos

versión On-line ISSN 2224-0039
versión impresa ISSN 1684-4904

Resumen

ĐUROVIć, Zorica  y  DžEVERDANOVIć-PEJOVIć, Milena. Die leksikale analise van korpora vir seevaart en skeepsvaartingenieurswese: Ooreenkomstige of uiteenlopende leksikografiese resultate. Lexikos [online]. 2023, vol.33, pp.255-276. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/33-1-1814.

Engels vir Maritieme Doeleindes sluit 'n verskeidenheid uiteenlopende registers in. Die meeste van die woordeboeke en glossariums word egter toegespits op óf Algemene Maritieme Engels óf Seevaartengels, terwyl ander aspekte van die maritieme bedryf onvoldoende deur gespesialiseerde leksikografiese materiaal gedek word, veral deur formele woordeboeke. Aangesien die hoofklassifikasie rakende die bemanning en operasionele stelsels aan boord 'n skip gekoppel is aan die Dek- en Ingenieursdepartement, het ons gepoog om die ooreenkomste en verskille tussen die tegniese leksikons van die twee gebiede te verken om te bepaal of aparte woordeboeke en glossariums dalk benodig word, en of 'n algemene maritieme woordeboek voldoende sal wees. Om die tegniese leksikons waarop gefokus is, te toets en te vergelyk, het ons hedendaagse korpuslinguistiese metodes en -sagteware gebruik. Die resultate toon beduidende verskille in die kernwoordeskat van die korpora wat vergelyk is. Die bevindings dui ongetwyfeld en weer eens daarop dat spesiale aandag en fokus vereis word wanneer die maritieme leksis geïnterpreteer word, en dui ook daarop dat 'n duidelike onderskeid tussen Engels vir Seevaart- en Engels vir Skeepsvaartingenieurswesedoeleindes getref moet word.

Palabras clave : maritieme engels; seevaartengels; skeepsvaartingenieurswese; korpus; woordeskat; leksis; frekwensie; sleutelwoorde; woordelys; tegniese woordeboek.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons