SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.33Creating a Slovene-French LSP Dictionary for translation purposes índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Lexikos

versión On-line ISSN 2224-0039
versión impresa ISSN 1684-4904

Resumen

CHEN, Yuzhen  y  LIU, Suping. 'n Verdere kyk na die gebruik van 'n woordeboektoepassing in EVT-skryfwerk: 'n Repliseringstudie. Lexikos [online]. 2023, vol.33, pp.324-349. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/33-1-1820.

In hierdie studie is die eksperiment van Chen en Liu (2022) waarin die effek van woordeboekgebruik op EVT-skryfwerk bestudeer is, gerepliseer. Buiten die gebruik van 'n ander woordeboek, het dit dieselfde navorsingsveranderlikes as die oorspronklike studie behels. Twee-en-sestig studente met Engels as hoofvak het twee skryftoetse afgelê, een sonder die hulp van 'n woordeboek, die ander een met toegang tot 'n selfoonwoordeboektoepassing wat 'n kombinasie van 'n L1-L2- en L2-L1-woordeboek vir tweerigtingsoektogte bevat. Die toepassing kan 'n rekord hou van gebruikers se soektogte en klikke op inskrywings. 'n Vraelys is ook voltooi om die studente se evaluering van die woordeboektoepassing te bepaal. Anders as die negatiewe resultate wat deur die oorspronklike studie verkry is, is daar in die replisering nie 'n beduidende effek van woordeboekgebruik op skryfprestasie nie, wat goeie bewyse verskaf dat die gebruik van 'n beter woordeboek tot minder naslaanfoute lei, alhoewel die verbetering in skryfprestasie deur die gebruik van 'n woordeboek slegs marginaal was. Die studie het die oorspronklike bevinding rakende die positiewe impak van woordeboekgebruik op leksikale sofistikasie bevestig. Dit het ook enkele verskille in woordeboeknaslaanpatrone tussen die deelnemers van die replisering en dié van die oorspronklike studie rakende soekfrekwensie, voorkeur vir taalsoektogte, voorkeur vir soekitems, en gebruik van bronwoordeboeke geïdentifiseer. Die implikasies van die studie vir woordeboekmaak word bespreek.

Palabras clave : replisering; woordeboekgebruik; evt-skryfwerk; skryfprestasie; leksikale sofistikasie; naslaanpatrone.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons