SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.33Exploring the Documentation and Preservation of African Indigenous Knowledge in a Digital Lexical Database índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Lexikos

versión On-line ISSN 2224-0039
versión impresa ISSN 1684-4904

Resumen

MORAN, M.Teresa Fuentes. Die konsep van leksikografiese verdigting: 'n Oorsig van en perspektiewe op die digitale leksikografie. Lexikos [online]. 2023, vol.33, pp.404-424. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/33-1-1824.

In hierdie artikel word gefokus op die konsep van leksikografiese tekstuele verdigting om sodoende die rol daarvan in die digitale leksikografie te bepaal. Huidige interpretasies van hierdie konsep wat oorspronklik vir gedrukte woordeboeke geskep is, word geanaliseer. Besondere klem word geplaas op die relevante onderskeiding tussen die verskillende tekstuele vlakke waarin die inhoud van hierdie werke versprei is en op die verskil tussen primêre en sekondêre verdigting. Voorbeelde uit Engels-Spaanse digitale woordeboeke word ondersoek om te bepaal hoe verdigting in hierdie werke aangebied word en watter soorte komponente of items spesifiek hierdeur beïnvloed word. Laastens word die betekenis van verdig-tingsvorme in huidige woordeboeke wat gebaseer is op die leesbenaderings wat op naslaanwerke toegepas word, bespreek. Ons steun die argument dat hierdie vorme inherent is aan die tipe teks wat 'n woordeboek genoem word, en dat die oorsake van verdigtingsmeganismes nie beperk is tot blote ruimtelike beperkings nie, maar dat hierdie meganismes, saam met ander formele aspekte, dit makliker kan maak om die verlangde antwoorde deur middel van 'n nieliniêre leesproses wat oor die algemeen en aanvaarbaar op woordeboeke toegepas word, te vind.

Palabras clave : digitale leksikografie; gedrukte leksikografie; leksiko-grafiese tekstuele verdigting; teorie van woordeboekvorm; primêre leksi-kografiese verdigting; sekondêre leksikografiese verdigting; tweetalige engels-spaanse leksikografie; mikrostruktuur; verwysing; natuurlike tale.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons