SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.33An Overview of English Dictionaries of Abbreviations índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Lexikos

versión On-line ISSN 2224-0039
versión impresa ISSN 1684-4904

Resumen

TARP, Sven  y  GOUWS, Rufus H.. 'n Noodsaaklike herdefiniëring van leksikografie in die digitale era: Glossografie, woordegrafie en implikasies vir die toekoms. Lexikos [online]. 2023, vol.33, pp.425-447. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/33-1-1826.

Hierdie artikel handel oor ontwikkelinge in die veld van leksikografie wat gelei het tot die behoefte aan 'n nuwe definisie vir hierdie term. Dit bied 'n blik op die herkoms, gebruik en ontwikkeling van die term leksikografie en die gebruik van glosse in die verlede en tans. Daar word gewys hoe die digitale era die gebruik van bepaalde leksikografiese kenmerke in ander bronne as woordeboeke moontlik maak. Dit lei tot 'n uitbreiding van die bestek van die term leksikografie. Daar is 'n sterk fokus op die gebruik van glosse wat oorspronklik deur skriptore as brokkies in manuskripte gevoeg is om te help met 'n beter begrip van moeilike woorde en uitdrukkings. Die gebruik van glosse het toege-neem en word tans algemeen gebruik in 'n verskeidenheid omgewings. In digitale produkte speel glosse 'n vernuwende, produktiewe en belangrike rol om nuwe tipes leksikografiese data aan te bied. Dit vereis die erkenning van glosse as leksikografiese inskrywings en lei tot 'n hedefiniëring van die term leksikografie wat twee hoofafdelings insluit, te wete woordegrafie en glossografie.

Palabras clave : kunsmatige intelligensie; digitale era; glos; glossografie; leksikografiese data; skriptor; woordegrafie; interdissiplinêre samewer-king; leeshulp; skryfhulp.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons