SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.34Lexicography and Language Planning in 18th Century SwedenSelecting an Initial Lemma List in Specialized Lexicography: A Case Study in the Field of Graphic Engineering índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Lexikos

versión On-line ISSN 2224-0039
versión impresa ISSN 1684-4904

Resumen

LAW, Wai-on. Dictionary Use Training in Secondary School EFL Textbooks in TaiwanWoordeboekgebruiksopleiding in sekondêre skool-EVT-hand-boeke in Taiwan. Lexikos [online]. 2024, vol.34, pp.77-98. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/34-1-1880.

As minder gebruiklike studie van die ontwerp van Engelse taalhandboeke vir woordeboekgebruiksopleiding word in hierdie navorsing vier reekse sekondêre skoolhandboeke wat op die Taiwannese mark beskikbaar is, ondersoek. Die inhoudsanalisemetode is toegepas om te bepaal (1) hoe effektief die huidige sekondêre Engelse handboeke leerders kan help om die nodige woordeboekvaardighede gebaseer op die riglyne van die regering, te ontwikkel; en (2) hoe die huidige handboeke verbeter kan word om beter voorsiening te kan maak vir die leerders se behoeftes aan woordeboekvaardigheidsopleiding. Die resultate toon aan dat geeneen van die nagevorste reekse die Kurrikulumriglyne van die Ministerie van Onderwys (2018) rakende woordeboekgebruiks-opleiding volg nie, alhoewel almal daarop aanspraak maak dat hulle die boek ontwerp het deur dit op die voorgeskrewe regeringskurrikulum te baseer. Voorstelle word gemaak oor hoe die huidige handboekontwerpe met die aanbevole hulpbronne woordeboekvaardighede kan inkorporeer. In die studie word die opvallende afwesigheid van opleiding in woordeboekgebruiksvaardighede in sekondêre handboeke blootgelê, en word soortgelyke studies in ander lande versoek sodat die (on)beskikbaarheid van woordeboekgebruiksopleiding in sekondêre skole ten volle begryp kan word. Hierdie studie behoort bruikbare inligting aan relevante regeringsowerhede, woordeboek-samestellers, handboekskrywers, en Engelse taalonderwysers en -navorsers te kan voorsien om die situasie te verbeter.

Palabras clave : woordeboekgebruiksopleiding; taiwan; sekondêre skool-evt-handboek; inhoudsanalise.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons