Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
South African Journal of Industrial Engineering
versión On-line ISSN 2224-7890
versión impresa ISSN 1012-277X
Resumen
VAN NIEKERK, S.I. y STEYN, H.. Defining 'project success' for a complex project - The case of a nuclear engineering development. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2011, vol.22, n.1, pp.123-136. ISSN 2224-7890.
Die geval van 'n kern-ingenieursprojek is ondersoek om die relevante kriteria vir sukses vir die ontwikkeling van komplekse hoë-tegnologiesisteme te bepaal. Die projek is eerstens geklassifiseer volgens n bestaande skema, en die Delphi-metode is vervolgens gebruik om die relevante kriteria vir projeksukses vir die betrokke geval te bepaal. n Bestaande raamwerk van dimensies vir projeksukses is uitgebrei om kriteria wat van spesifieke belang vir die betrokke geval in te sluit. Terwyl tydige aflewering, binne begroting natuurlik steeds belangrik is, voorsien die resultate empiriese bewys vir die nosie in die literatuur dat hierdie aspekte van relatief minder belang is in die geval van 'super hoë-tegnologie'-projekte. Die relatiewe belangrikheid van die dimensies van sukses is ook evalueer, en aangedui op n tydlyn wat strek van projekuitvoering tot 10 jaar na die afhandeling van die projek. Dit lewer empiriese bewys vir sekere bewerings in die literatuur.