Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
South African Journal of Industrial Engineering
versión On-line ISSN 2224-7890
versión impresa ISSN 1012-277X
Resumen
JAYAKUMAR, V. y RAJU, R.. A multi-objective genetic algorithm approach to the probabilistic manufacturing cell formation problem. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2011, vol.22, n.1, pp.199-212. ISSN 2224-7890.
Vanweë doelgemaakte produkte, korter produklewensiklusse en onvoorspelbare vraagpatrone, staar vervaardigingsindustrieë stochastiese produksiebehoeftes in die gesig. Dit is onwaarskynlik dat produksiebehoeftes (produkmengsel en vraag) presies bekend sal wees wanneer die vervaardigingsel ontwerp word. Desnieteenstaande sal 'n stel moontlike produksiebehoeftes (scenarios) met bepaalde waarskynlikhede tog op hierdie stadium bekend wees. Alhoewel heelwat navorsing reeds op vervaardigingselle gedoen is, is daar weinig gerapporteer waar lukraak produkmengselrandvorwaardes by die ontwerpfase oorweeg is. Hierdie artikel hou 'n nie-lineêre gemengde-heeltal- wiskundige model voor vir die selformasieprobleem met onsekerheid oor die produkmengsel in 'n enkelperiode. Die model inkorporeer werklike parameters soos alternatiewe roetes, bewerkingsvolgordes, duplikaat toerusting, onsekere produkmengsels, onsekere produkvraag, wisselende lotgroottes, prosesseertye, toerustingkapasiteit en verskeie kostefaktore. 'n Oplossings-metodologie aan die hand van 'n genetiese algoritme vir die beste moontlike selformasie word voorgehou en die prosedure word by wyse van 'n gevallestudie geïllustreer.