SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.22 número1Quality performance: The case of construction projects in the electricity industry in KenyaHybrid supply chains in emerging markets: The case of the Mexican auto industry índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    South African Journal of Industrial Engineering

    versión On-line ISSN 2224-7890

    Resumen

    JAYAKUMAR, V.  y  RAJU, R.. A multi-objective genetic algorithm approach to the probabilistic manufacturing cell formation problem. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2011, vol.22, n.1, pp.199-212. ISSN 2224-7890.

    Vanweë doelgemaakte produkte, korter produklewensiklusse en onvoorspelbare vraagpatrone, staar vervaardigingsindustrieë stochastiese produksiebehoeftes in die gesig. Dit is onwaarskynlik dat produksiebehoeftes (produkmengsel en vraag) presies bekend sal wees wanneer die vervaardigingsel ontwerp word. Desnieteenstaande sal 'n stel moontlike produksiebehoeftes (scenarios) met bepaalde waarskynlikhede tog op hierdie stadium bekend wees. Alhoewel heelwat navorsing reeds op vervaardigingselle gedoen is, is daar weinig gerapporteer waar lukraak produkmengselrandvorwaardes by die ontwerpfase oorweeg is. Hierdie artikel hou 'n nie-lineêre gemengde-heeltal- wiskundige model voor vir die selformasieprobleem met onsekerheid oor die produkmengsel in 'n enkelperiode. Die model inkorporeer werklike parameters soos alternatiewe roetes, bewerkingsvolgordes, duplikaat toerusting, onsekere produkmengsels, onsekere produkvraag, wisselende lotgroottes, prosesseertye, toerustingkapasiteit en verskeie kostefaktore. 'n Oplossings-metodologie aan die hand van 'n genetiese algoritme vir die beste moontlike selformasie word voorgehou en die prosedure word by wyse van 'n gevallestudie geïllustreer.

            · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )