SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.24 número2Determining tactical operational planning policies for an auto carrier - A case studyEffect of cereal binder, moisture, and clay contents on the functional properties of clay-bonded core and moulding sands índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    South African Journal of Industrial Engineering

    versión On-line ISSN 2224-7890

    Resumen

    SELVAN, T.A.; JEGADHEESAN, C.; ASHOKA VARTHANAN, P.  y  SENTHILKUMAR, K.M.. Failure effects and resolution of modes: a novel FMEA treatise for finalizing mould designs in foundries. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2013, vol.24, n.2, pp.181-195. ISSN 2224-7890.

    Hierdie artikel stel 'n nuwe strategie voor om die gietvormontwerp van 'n spesifieke gietstuk te finaliseer deur 'n gevallestudie van 'n falingsanalise van 'n smeltery. Tradisionele faal-en-effek-analise is een van die effektiewe hulpmiddels om die moontlike falings te prioritiseer deur die Risiko Prioriteitsnommer van 'n proses of ontwerp te bereken. In smelterye gee die prioritisering van faalings deur die Risiko Prioriteitsnommers onvergelykbare resultate wanneer die Risiko Prioriteitsnommers identies is tydens voorproduksieproewe. Gevolglik is dit baie moeilik om gietvormontwerpe van spesifieke gietstukke te finaliseer deur van die tradisionele faal-en-effek-analise benaderings gebruik te maak. Hierdie artikel stel 'n alternatiewe faal-en-effek-analise benadering voor, genaamd FEAROM ('Failure Effects And Resolution of Modes'), om die probleme met gietvormontwerpfinalisering aan te spreek. 'n Analitiese Hiërargieproses word gebruik om die resultate, met die FEAROM benadering bepaal, te valideer. Die resultate is gegrond op 'n gevallestudie van 'n spesifieke gietstuk in 'n smeltery wat gegiet is met die sandgietmetode. Daar word gevind dat die voorgestelde FEAROM model goed ooreenstem met die praktyk en hoë gehalte gietvorms as gevolg het.

            · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )