SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.24 número2How to control process variability more effectively: The case of a B-complex vitamin production process índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


South African Journal of Industrial Engineering

versión On-line ISSN 2224-7890
versión impresa ISSN 1012-277X

Resumen

DE JONGH, E.  y  BOTHA, G.J.. An operations research and simulation-based study on improving the efficiency of a slurry drying tower. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2013, vol.24, n.2, pp.196-213. ISSN 2224-7890.

Hierdie navorsing handel oor 'n aangeleentheid wat verband hou met die aktiwiteite van 'n onderneming wat waspoeiers vervaardig. Daar word gepoog om die rendement van 'n verhittingsoond wat lug verhit vir die droging van poeier te verbeter. Die drogingsproses vind plaas deur viskeuse bry te droog tot poeier, wat gebruik kan word as bestanddeel van gewone waspoeier. Hierdie artikel beoog om produktiwiteit en wins van die proses te verhoog deur 'n operasionele navorsingsbenadering toe te pas wat gebruik maak van 'n boeket van toepaslike programmatuur soos o.a. SNOPT ("sparse non-linear optimizer") en Matlab. 'n voorgestelde oplossing is verkry deur van die bogenoemde metodes gebruik te maak, die oplossing beoog om die hoeveelheid oop spasies tussen die viskeuse bry en ook die oorvleueling van die viskeuse bry in die verhittingsoond te balanseer. Dit word bereik deur die optimale posisies te verkry vir die boonste 24 lansiere. Die onderste laag lansiere word geposisioneer in die areas waar die grootste oorvleueling plaasvind. Hierdie verbeterings het 'n positiewe impak op die hoeveelheid gas wat in die verhittingsoond gebrand word.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons