SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.25 número1Linking projects to business strategy through project portfolio managementProject activity analysis without the network model índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


South African Journal of Industrial Engineering

versión On-line ISSN 2224-7890
versión impresa ISSN 1012-277X

Resumen

BALOYI, N.M.; POPOOLA, A.P.I.  y  PITYANA, S.L.. Laser coating of zirconium and ZrO2 composites on Ti6Al4V for biomedical applications. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2014, vol.25, n.1, pp.62-70. ISSN 2224-7890.

Oppervlakbedekking is 'n tegnologie wat die oppervlak-eienskappe van komponente verbeter. Laseroppervlakbedekking verskaf 'n uniforme samestelling van dik lae met goeie metallurgiese hegting aan die basis materiaal. Hierdie bedekkings is dig en kraakvry en het nie-poreuse mikrostrukture. Die voordele van die proses is dat die komponent se oppervlak 'n hoë weerstand teen slytasie en korrosie het, selfs by hoë temperature. Ti6Al4V basis materiaal word in dié studie bedek met Zr en ZrO2 samestellings om die komponent se weerstand teen korrosie en slytasie te verbeter. Zr-poeier wat gemeng is met 'n verbinder (PVA en koue lym) is gesmelt om 'n dun lagie te vorm. Die lagie is gebind aan die Ti6Al4V component deur bestraling met 'n vesellaser. Die teenwoordigheid van die verbinder in die Zr-poeier het gelei tot 'n verandering in die mikrostruktuur, die resultate toon 'n geleidelike toename in die hardheid van die bedekte Ti6Al4V van bo na onder. Daar is ook gevind dat die bedekking met die Zr saam met die PVA verbinder uniform gedeponeer is en 'n minder dendritiese struktuur gehad het as die Zr sonder binder of die Zr met die koue lym.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons