SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.27 número3 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


South African Journal of Industrial Engineering

versión On-line ISSN 2224-7890
versión impresa ISSN 1012-277X

Resumen

DARWISH, H.  y  VAN DYK, L.. The industrial engineering identity: from historic skills to modern values, duties, and roles. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2016, vol.27, n.3, pp.50-63. ISSN 2224-7890.  http://dx.doi.org/10.7166/27-3-1638.

Oor die afgelope 100 jaar, is ingenieurswese verdeel in tientalle dissiplines, in 'n poging om verskillende probleme te hanteer wat voorspruit uit 'n wye reeks menslike ondernemings. Een van hierdie velde het voortgespruit uit probleme wat verband hou met bedrywe, interdissiplinêre integrasie, groei, balans, en gekoppeldheid. Hierdie veld staan bekend as bedryfsingenieurswese (BI). Tog is die bedryfsingenieursidentiteit en -rol steeds nie duidelik nie. Hierdie artikel sluit 'n deeglike ondersoek in na dit wat BI maak wat dit vandag is (asook hulle onderskeidende vaardighede). Dit begin met 'n kort historiese oorsig van die faktore wat BI gevorm het. Meer belangrik nog, fokus hierdie artikel op die moderne identiteit (bestaande uit waardes, rolle, en plig) van bedryfsingenieurs in die 21ste eeu. Dit word gedoen deur te wys dat die cliche dat bedryfsingenieurs 'alles doen, maar niks bemeester nie' uiteindelik, deur n proses van beduidende evolusie van vaardighede en identiteit, sodanig verander het dat hulle nou 'gekoppel is aan alles en heelwat bemeester'. 'n Bedryfsingenieurs identiteit (IE-ID) boom-model is ontwikkel deur konsepte en elemente van bestaande identiteitsmodelle te gebruik om struktuur te verleen aan die IE-ID model. Die model is toe ingekleur aan die hand van vrae en antwoorde wat uit die literatuuroorsig gespruit het. Om af te sluit, word die toekomstige nut van hierdie model geantisipeer.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons