SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.27 número3 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


South African Journal of Industrial Engineering

versión On-line ISSN 2224-7890
versión impresa ISSN 1012-277X

Resumen

NYEMBWE, K.; OYOMBO, D.; DE BEER, D.J.  y  VAN TONDER, P.J.M.. Suitability of a South African silica sand for three-dimensional printing of foundry moulds and cores. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2016, vol.27, n.3, pp.230-237. ISSN 2224-7890.  http://dx.doi.org/10.7166/27-3-1662.

Die toepassings van driedimensionele drukwerk op die metaalgietproses sluit onder andere die direkte vervaardiging van gietvorms en kerns van vuurvaste materiale, soos silika sand, in. Die hoofeienskappe van silika sand wat verwant is aan die tradisionele gietvorm- en kernvervaardigingsproses is grootte, verspreiding, klei-inhoud, pH, die suur benodig en vuurvastigheid. Die silika sand wat vir driedimensionele druk gebruik word moet ook met inagneming van die laag-gebaseerde vervaardigingsproses gekies word. Eienskappe soos korrelgrootte verspreiding, greinoppervlakmorfologie, hoekigheid, vloeibaarheid en die vermoë om die oppervlak af te werk is van besondere belang. As gevolg van dié vereistes is daar 'n beperkte reeks van silika sandsoorte wat geskik is. Dit dra by tot die hoë bedryfskoste wat met die driedimensionele druk van sandgietvorms en kerns geassosieer word. Die geskiktheid van 'n plaaslik beskikbare silika sand vir gebruik in 'n Voxeljet VX1000 driedimensionele drukker is ondersoek. Die silika sand is geassesseer en vergelyk met ingevoerde silika sand wat deur die drukker se vervaardiger aanbeveel word. Die resultate toon dat, ten spyte van die verskille in die sandsoorte se eienskappe, die plaaslike sand as 'n aanvaarbare plaasvervanger oorweeg kan word.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons