SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.27 número3 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


South African Journal of Industrial Engineering

versión On-line ISSN 2224-7890
versión impresa ISSN 1012-277X

Resumen

IVANOV, I.G.  y  HARTMANN, D.. Two green bottles, standing on a wall: an environmental assessment of two bottle types. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2016, vol.27, n.3, pp.303-314. ISSN 2224-7890.  http://dx.doi.org/10.7166/27-3-1633.

Nie-hernubare hulpbronne verminder en die huidige globale verhittingspotensiaal styg. In 'n poging om 'n suksesvolle oorgang tot n 'groener' planeet te bewerkstellig, ontwikkel regerings wêreldwyd beleide (soos koolstofbelasting) wat besighede aanmoedig om daartoe by te dra. Hierdie studie analiseer die koolstofvoetspoor van die verpakkingsproses van 300ml glas en 500ml PET houers vir 'n Suid-Afrikaanse koeldrankvervaardiger. 'n Literaturstudie het geen soortgelyke navorsing in Suid-Afrika vorendag gebring nie. Die kweekhuisgas protokol is gebruik as die grondslag vir die navorsingsmetode. Daar is gevind dat die totale energie wat deur die 500ml PET verpakkingsproses gebruik word van aangekoopte elektrisiteit afkomstig is. Die 500ml PET houers het dus 4.5-maal minder globale verhittingspotensiaal as die 300ml glas houers per hektoliter, waarvan 71 persent van hul uitlaatgasse as gevolg van steenkoolaangedrewe ketels op die perseel is. n Sensitiwiteits-analise toon dat die verpakking in groter houers tot n noemenswaardige vermindering in globale verhittingspotensiaal per volume lei vir beide glas en PET houers.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons