SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.29 número2Managing risk for success in a South African engineering and construction project environmentPareto optimal solutions for multi-objective generalized assignment problem índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


South African Journal of Industrial Engineering

versión On-line ISSN 2224-7890
versión impresa ISSN 1012-277X

Resumen

VAN HEERDEN, S.A.  y  VAN VUUREN, J.H.. Optimisation of stock keeping unit placement in a retail distribution centre. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2018, vol.29, n.2, pp.74-91. ISSN 2224-7890.  http://dx.doi.org/10.7166/29-2-1867.

Die kleinhandelprobleem van die plasing van voorraadhoudings-eenhede (VHEs) verwys na die toewysing van VHEs aan beskikbare posisies in 'n verspreidingsentrum (VS). Die verwagte totale afstand deur n voorraadkonsolideerder afgelê en die gevolglike verwagte vlak van opeenhoping wat deur hierdie konsolideerders in die roetes van die VS ondervind word, is twee populêre plasingskriteria. Hierdie kriteria gee aanleiding tot n tweedoelige optimeringsbenadering, waarvolgens verskeie voorraadplasings gevind kan word met aanvaarbare kompromieë tussen die kriteria. n Wiskundige raamwerk wat op hierdie twee plasingskriteria berus word in hierdie artikel voorgestel waarvolgens die doeltreffendheid van n gegewe voorraadopset in n VS gemeet kan word. In hierdie raamwerk word die beweging van n voorraadkonsolideerder tussen verskillende VHE-liggings as n Markov-ketting gemodelleer om sodoende sy of haar verwagte reisafstand te skat, terwyl 'n geslotetou netwerkmodel gebruik word as 'n opeenhopingsmaatstaf. Hierdie tweedoelige raamwerk dien as basis van n besluitsteunstelsel (BSS) vir die bepaling van goeie voorraadplasings in n VS. Die BSS word toegepas op n spesiale gevallestudie wat op data van n werklike VS gebaseer is, en die geskiktheid van die aanbevelings in terme van voorraadplasings deur die BSS word vergelyk met die huidige voorraadopset in die VS.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons