SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.30 número3 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


South African Journal of Industrial Engineering

versión On-line ISSN 2224-7890
versión impresa ISSN 1012-277X

Resumen

HLONGWANE, S.N.; NGONGONI, C.N.  y  GROBBELAAR, S.S.. A Patient-centric Six-sigma Decision Support System Framework for Continuous Quality Improvement in Clinics. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2019, vol.30, n.3, pp.224-237. ISSN 2224-7890.  http://dx.doi.org/10.7166/30-3-2241.

Primêre gesondheidsorgfasiliteite word wyd beskou as die ruggraat van die Suid-Afrikaanse gesondheidsorgstelsel. Om hierdie rede word formele standaarde deur die 'ideale kliniek' en 'Nasionale kernstandaarde' bepaal. Alhoewel dit 'n groot stap is vir die verbetering van dienslewering by die fasiliteite, is die vlak van opname en nakoming van hierdie standaarde kommerwekkend. Diensgehalte speel n groot rol in die vlak van pasiëntbevrediging, en klem word geplaas op die eienskappe van kwaliteit wat van belang is vir die pasiënt. Vir hierdie doel is die fokus op die pasiënt n belangrike dimensie in gesondheidsorgkwaliteitsbestuur ten einde die diensgehalte in gesondheidsorgfasiliteite te verbeter. Hierdie artikel bied n oorsig oor kwaliteit en hoe dit in die konteks van klinieke in Suid-Afrika bestuur word. Dit beskryf die gapings van hoe goed kwaliteit bestuur word, uit n pasiëntperspektief. Die artikel stel n besluitsteunraamwerk voor wat op deurlopende verbetering van gehalte in klinieke gemik is. Die instrument is ontwikkel met behulp van die Ses-Sigma metodologie, aangevul deur dienskwaliteit assesseringsinstrumente. Die struktuur van die instrument bied n geïntegreerde sistematiese benadering wat die gesondheidsorgbesluitnemer kan help om die deurlopende verbetering van prosesse en aktiwiteite in klinieke te monitor. Die instrument neem ook die eerste stap in die rigting van digitalisering van n tipiese papiergebaseerde stelsel.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons