Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
Citado por Google
Similares en Google
Compartir
South African Journal of Industrial Engineering
versión On-line ISSN 2224-7890
versión impresa ISSN 1012-277X
Resumen
CHITONGO, A.M. y PRETORIUS, L.. Impact of project participants' competition on project performance. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2020, vol.31, n.2, pp.76-91. ISSN 2224-7890. http://dx.doi.org/10.7166/31-2-2258.
Sommige navorsers het die gebruik van mededinging, as 'n styl van hantering van konflik wat gemik is op wen-verloor as eindresultaat, uitgewys as redelik algemeen tydens die uitvoering van 'n projek. Die impak van sodanige kompetisie op projekprestasie is egter min nagevors. Hierdie artikel poog om die gaping in die bestaande literatuur aan te spreek. 'n Stelseldinamika-simulasiemodel van mededinging tussen twee belangrike projekdeelnemers (kliënt en ingenieur-konsultant) is geformuleer deur middel van navorsingsmetodologie wat gemengde metodes en die stelseldinamiekbenadering insluit. Data wat vir twee stelle unieke projekte ingesamel is, is gebruik om modelkalibrasies, simulasie-eksperimente en impakanalises afsonderlik uit te voer. Die resultate hiervan impliseer dat die kompetisie die projekprestasie negatief beïnvloed het.