Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
Citado por Google
Similares en Google
Compartir
South African Journal of Industrial Engineering
versión On-line ISSN 2224-7890
versión impresa ISSN 1012-277X
Resumen
ICHIKOWITZ, R. y HATTINGH, T.S.. Consumer e-waste recycling in South Africa. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2020, vol.31, n.3, pp.44-57. ISSN 2224-7890. http://dx.doi.org/10.7166/31-3-2416.
Elektroniese rommel is die bron van rommel wat die vinnigste in Suid-Afrika toeneem. Dit hou 'n ernstige omgewingsrisiko in indien dit wanbestuur word. Deur gepaste herwinningsprosesse en die verhaling van roumateriale, soos goud en koper, bied e-rommel noemenswaardige finansiële geleenthede terwyl dit die omgewing bewaar en die impak van klimaatsverandering verminder. Suid-Afrika kan voordeel trek uit hierdie bron vir potensiële ekonomiese groei deur die insameling van e-rommel te verbeter. Verbruiker persepsies oor en gedrag jeens e-rommel herwinning word ondersoek aan die hand van 'n huishoudelike verbruikergerigte meningspeiling wat onder deelnemers in Gauteng geloods is. Daar is gevind dat n algemene tekort aan verbruikerbewustheid oor e-rommel heers met beperkte pro-herwinning gebruike. Beide hierdie aspekte word deur onderontwikkelde insamelingsmeganismes en infrastruktuur beïnvloed. Geleenthede vir die verbetering van huishoudelikeherwinning is ondersoek deur internasionale insamelingskemas te oorweeg en aanbevelings onderhewig aan plaaslike uitdagings is gevolglik gemaak.