Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
South African Journal of Industrial Engineering
versión On-line ISSN 2224-7890
versión impresa ISSN 1012-277X
Resumen
REDDY, C.E.; PADAYACHEE, J. y BRIGHT, G.. Development and analysis of reconfigurable robotic end-effector for machining and part handling. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2021, vol.32, n.1, pp.56-70. ISSN 2224-7890. http://dx.doi.org/10.7166/32-1-2293.
Gevorderde robot stelsels is 'n Industrie 4.0 bemagtiger in slimfabrieke. Industriële robot manipuleerders vereis 'n eindeffek werktuig om take te verrig. Die doel van hierdie studie was om 'n herkonfigureerbare robot eindeffek werktuig vir masjinering en onderdeel hantering na te vors en te ontwikkel. 'n Herkonfigureerbare, tweedoelige ontwerp verwyder tydsame werktuigwisseling. Hierdie artikel bespreek die meganiese konseptualisering, detailontwerp, vervaardiging en toets van die eindeffekwerktuig en spilsisteem. Die konsep gebruik n aanpasbare, kabelgedrewe greepstelsel in samewerking met n kompakte, liggewig frees stelsel wat nie-ysterhoudende metale kan masjineer. Die resultate demonstreer die veelsydigheid en hoë styfheid van die greepstelsel. 'n Eksperimentele ondersoek het die invloed van herkonfigureerbaarheid op die spil dinamika aangetoon. Die dinamiese respons van die greepstelsel tydens masjinering is ook eksperimenteel ondersoek om die uitvoerbaarheid van n tweedoelige ontwerp te evalueer. Die stabiliteit van die stelsel word deur middel van stabiliteit lob diagramme aangedui.