SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.32 número4The impact of the moratorium on the regulation governing vehicle height restriction: a South African high cube container caseAmore: CNN-based moving object detection and removal towards slam in dynamic environments índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


South African Journal of Industrial Engineering

versión On-line ISSN 2224-7890
versión impresa ISSN 1012-277X

Resumen

SANTOSO, H.B.; BAROROH, D.K.  y  DARMAWAN, A.. Future application of multisensory mixed reality in the human cyber-physical system. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2021, vol.32, n.4, pp.44-56. ISSN 2224-7890.  http://dx.doi.org/10.7166/32-4-2551.

Gemengde-werklikheid is 'n opkomende tegnologie wat gebruikers se ervaring kan verbeter. Hierdie tegnologie laat mense toe om interaksie te hê met virtuele voorwerpe in die regte wêreld. Gemengde-werklikheid het baie potensiaal om die mens-kuber-fisiese stelsel vir verskeie vervaardigingsprosesse te verbeter, soos beplanning, ontwerp, produksie, monitering, gehaltebeheer, opleiding en instandhouding. Hierdie studie ondersoek die ontwikkeling van gemengde-werklikheid tegnologie in vervaardiging deur 'n hersiening van patente in die InnovationQ-Plus databasis. Tendense in hierdie ontwikkelende tegnologie fokus op kwalitatiewe literatuurstudies eerder as op kwantitatiewe patent tegnologie ontledings. Patente wat met gemengde-werklikheid assosieer word, word gekarteer om tegnologiekenners 'n beter begrip van bestaande vordering en insigte vir toekomstige ontwikkeling in die bedryf te gee. So word 709 patente sistemies identifiseer en ontleed om die tendense te ontdek. Verder word bestaande patente gekarteer volgens vervaardigingsfunksies - dit word met 'n tegnologiefunksiematriks illustreer. Laastens word toekomstige navorsing oor mens-kuber-fisiese stelselontwikkeling identifiseer deur verskillende sintuie te gebruik om gebruikers meer sensasies te gee wanneer hulle met virtuele voorwerpe werk. Insig word spesifiek in die motor, voedsel- en drank-, en tekstielbedryf verskaf.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons