Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
South African Journal of Industrial Engineering
versión On-line ISSN 2224-7890
versión impresa ISSN 1012-277X
Resumen
LEKARAPA, M. y GROBBELAAR, S.. Evaluation of budgeting methods for maintenance of heritage buildings. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2022, vol.33, n.3, pp.96-108. ISSN 2224-7890. http://dx.doi.org/10.7166/33-3-2794.
Erfenisgeboue het ontwikkel in ontwikkelingskatalisators wat wanneer behoorlik onderhou word hul die omliggende gebiede se leefbaarheid kan verbeter terwyl produktiwiteit in 'n voortdurend veranderende globale konteks volgehou word. Ongelukkig lei die hoe onsekerheid verbonde aan die bewaring van erfenisgeboue dikwels tot projekte wat hul begroting oorskrei. Hierdie artikel evalueer die faktore wat daartoe bydra dat projekte oorspandeer en die metodes wat gebruik word om projekbegrotings te ontwikkel. Geskiedenisgebaseerde begrotings-metodes, waardegeorienteerde begrotingsmetodes, analitiese begrotingsmetodes en begroting volgens toestandbeskrywing word gereeld gebruik, terwyl nuwe kunsmatige intelligensie modelle ook na vore kom. Daarbenewens word die Monte Carlo methode oorweeg en met kunsmatige intelligensie-modelle vergelyk. Met inagneming van die hoe onsekerheid wat betrokke is by die instandhouding van erfenisgeboue, word tot die gevolgtrekking gekom dat die Monte Carlo metode 'n baie effektiewe hulpmiddel kan wees. Om hierdie rede word aanbeveel dat die gebruik daarvan op erfenisbouprojekte getoets word.