SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.33 número4Towards technological awareness and wisdomThe impact of the moratorium on the regulation governing vehicle height restriction: a South African high cube container case índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


South African Journal of Industrial Engineering

versión On-line ISSN 2224-7890
versión impresa ISSN 1012-277X

Resumen

MOKGOHLOA, K.; KANAKANA-KATUMBA, M.G.; MALADZHI, R.W.  y  XABA, S.. A system dynamics approach to postal digital transformation dynamics: a causal loop diagram (CLD) perspective. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2022, vol.33, n.4, pp.10-31. ISSN 2224-7890.  http://dx.doi.org/10.7166/33-4-2592.

Posoperateurs regoor die wêreld word in die era van die digitale ekonomie gekonfronteer met onafwendbare sakemodel ontwrigtings -Suider-Afrika is geen uitsondering nie. Die koms van die digitale era bied beide geleenthede en bedreigings vir sakemodelle van die industriële era, aangesien digitalisering die afgelope 100 jaar gelei het tot die volgehoue afname van posvolumes as die kernbesigheid van die posdiens. Die vervanging van tradisionele fisiese pos met elektroniese alternatiewe was 'n tendens wat by die posdiens vir meer as twee dekades gespook het; en die koms van die digitale era het die afname van posvolumes teen 'n ongekende spoed versnel soos dit deur byna elke sektor van die samelewing versprei en namate die digitale ekonomie die voorkeurplatform word om sake te doen. Die digitale ekonomie vereis dat posoperateurs digitale mededingendheid ontwikkel, wat investering in digitale infrastruktuur en vaardighede behels, en om hul sakemodel in die konteks van die digitale era te transformeer. Die komplekse dinamika van die proses van digitale transformasie noodsaak 'n sisteembenadering om daardie dinamika te verstaan. Stelseldinamika kan 'n belangrike hulpmiddel wees om gedrag te begryp, veral dinamiese gedrag. Hierdie artikel het 'n hoëvlak modelleringsbenadering aangeneem waarin 'n dinamiese hipotese ontwikkel is deur die artikulasie van 'n subsisteemdiagram wat die dinamiese veranderlikes gedefinieer het, 'n modelgrenskaart wat die aard van die eksogene en endogene veranderlikes definieer, en oorsaaklike lusdiagramme wat die dinamiese terugvoerverhouding tussen die veranderlikes verduidelik. Hierdie artikel het gefokus op die digitale transformasie-imperatiewe om die digitale mededingendheid van die possektor in Suider-Afrika uit te bou. Die resultate dui op die komplekse interaksie van die veranderlikes wat die digitale mededingendheid van die possektor dryf; en dit is deur hierdie kompleksiteite te begryp dat besluitnemers en beleidmakers die possektor op 'n digitale-era-pad en in 'n volhoubare toekoms kan stuur.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons