Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
South African Journal of Industrial Engineering
versión On-line ISSN 2224-7890
versión impresa ISSN 1012-277X
Resumen
ADAMS, D.Q.. Smart factory concept for an agri-processing plant in the Western Cape. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2023, vol.34, n.3, pp.198-214. ISSN 2224-7890. http://dx.doi.org/10.7166/34-3-2950.
Hierdie navorsing is 'n empiriese studie van die slim fabrieke (SF) konsep in 'n agri-verwerking omgewing. Dit stel voor hoe Industrie 4.0 (I4.0) ingespan kan word deur 'n toekomstige konsep virtuele 3D-model in vergelyking met die huidige toestand te ontwerp. 'n Toekomstige fabriek met ses SF-beginsels word aanbeveel in ooreenstemming met I4.0-perspektiewe. 'n Gevallestudie word uitgevoer en 'n 3D-model word in SIMIO (SIMIO LLC 2018) ontwerp. Hierdie huidige toestand ontwerp, saam met kwantitatiewe en kwalitatiewe data, vorm die aanbevelings. Metingsparameters word gekies wat gekoppel is aan die waargenome maatstawwe van die gevalmaatskappy, naamlik uitset, kwaliteit, koste en benutting. 'n Produktiwiteitsmaatstaf word bygevoeg om die sukses of mislukking van die modelle te meet. Die bewering is dat SF-konsepte, wanneer dit toegepas word, produktiwiteit verbeter. Laastens word 'n maatstaf-kriteriablad vir SF-opwekking ontwikkel om te help met toekomstige fabriekskonsepte.