SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.44 número2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


De Jure Law Journal

versión On-line ISSN 2225-7160
versión impresa ISSN 1466-3597

Resumen

VAN DER ZWAN, Pieter  y  STIGLINGH, Madeleine. Die aftrekbaarheid van belasting op toegevoegde waarde op kostes aangegaan om aandele uit te reik: 'n Kritiese ontleding van die ITC 1744-saak. De Jure (Pretoria) [online]. 2011, vol.44, n.2, pp.319-338. ISSN 2225-7160.

Maatskappye gaan dikwels wesenlike kostes aan by die uitreik van aandele om bedrywighede te finansier. Tans voer die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) aan dat belasting op toegevoegde waarde (BTW) aangegaan op aandeeluitreikingskoste nie aftrekbaar is nie. Hierdie siening is gebaseer op die ITC 1744-saak. Die uitspraak in die ITC 1744-saak is gebaseer op die mening uitgespreek in 'n Europese hofsaak wat in 1994 beslis is. Sedertdien het die European Court of Justice (ECJ) in 'n aantal sake die aftrekbaarheid van BTW op aandeeluitreikingskoste oorweeg en beslis dat insetbelasting in sekere gevalle aftrekbaar sal wees. In hierdie artikel word die vraag gestel of argumente soortgelyk aan die argumente gevolg deur die ECJ in Suid-Afrika aangevoer kan word. Gebaseer op die ontleding van die argumente in die ECJ-beslissings, binne die konteks van die Suid-Afrikaanse wetgewing, word aangevoer dat daar gebiedende gronde bestaan om in Suid-Afrika te argumenteer dat 'n aandeeluitreiking nie 'n lewering daarstel nie en dat aandeeluitreikingskoste as 'n algemene bokoste beskou kan word. Hierdie argumente kan die SAID aanmoedig om die siening wat tans gehuldig word by die aftrekbaarheid van BTW op aandeeluitreikingskoste in Suid-Afrika, te hersien.

        · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons