SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.45 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


De Jure Law Journal

versión On-line ISSN 2225-7160
versión impresa ISSN 1466-3597

Resumen

LEGWAILA, Thabo. Belastingeienskappe van 'n ideale ligging vir 'n houermaatskappy. De Jure (Pretoria) [online]. 2012, vol.45, n.1, pp.22-45. ISSN 2225-7160.

Die Suid-Afrikaanse regering het in 2008 aangekondig dat hulle van voorneme is om Suid-Afrika te bevorder as 'n gepaste maatskappyjurisdiksie vir beleggings in Afrika in die algemeen en sub-Sahara Afrika in die besonder. Ten einde hierdie doel te bereik behoort die regulatoriese-, ekonomiese- en juridiese-raamwerke geskik te wees vir internasionale belegging. Een van die ekonomiese en juridiese aspekte wat tans hersien word, is die belasting-stelsel. Die belastingstelsel mag sommige eienskappe bevat wat nadelig is vir internasionale houermaatskappye en ander wat bevorderlik is vir sulke maatskappye. Hierdie artikel ontleed die belastingeienskappe van 'n ideale houermaatskappybedeling en beklemtoon die spesifieke elemente tot die mate wat dit houermaatskappye beïnvloed en wat sal verseker dat Suid Afrika 'n ideale ligging vir houermaatskappye word. Hierdie is hoofsaaklik 'n gunstige kapitaalwinsbelastingbedeling, lae inkomstebelasting, geen of lae belasting op dividende, eensydige vermyding van dubbelbelasting, 'n gunstige belastingverdrag netwerk, die afwesigheid van beheerde buitelandse maatskappy wetgewing en 'n liberale dun kapitalisasie- en oordragprys bedeling. Sekere belasting eienskappe soos 'n eensydige vermyding van dubbelbelasting in die vorm van 'n korting vir buitelandse belasting betaal, deelnemende vrystelling en 'n oorvloed van dubbelbelasting verdrae trek beleggings suksesvol aan in die vorm van houermaatskappye na 'n land met sulke eienskappe. In teenstelling hiermee het eienskappe soos buitelandse beheerde maatskappy wetgewing en streng oordragprys bepalings en streng dun kapitalisasie bepalings die teenoorgestelde uitwerking. Selfs in gevalle waar die bepalings nie op houermaatskappye van toepassing is nie mag die blote teenwoordigheid van bogenoemde bepalings steeds buitelandse beleggers afskrik.

        · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons