SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


De Jure Law Journal

versión On-line ISSN 2225-7160
versión impresa ISSN 1466-3597

Resumen

WETHMAR-LEMMER, Marlene. Toepassing van die Weense Koopverdrag via die internasionale privaatreg: Artikels 1(1)(b) en 95 van die CISG - 'n analise van die CISG Advisory Council Opinie. De Jure (Pretoria) [online]. 2016, vol.49, n.1, pp.58-73. ISSN 2225-7160.  http://dx.doi.org/10.17159/2225-7160/2016/v49n1a4.

Die Weense Koopverdrag (bekend onder die Engelse akroniem 'CISC') is 'n invloedryke internasionale verdrag wat tans vyf en tagtig lidstate verteenwoordigend van alle regstradisies het. Indien van toepassing, reguleer die verdrag die totstandkoming sowel as die regte en verpligtinge van die koper en verkoper tot 'n internasionale koopkontrak vir roerende goedere. Ingevolge artikel 1(1) van die CISC is die verdrag van toepassing indien (a) die partye tot die koopkontrak van verskillende lidstate afkomstig is of (b) indien die reëls van die internasionale privaatreg lei tot die toepassing van die reg van 'n lidstaat. Artikel 95 van die CISC magtig 'n lidstaat om 'n voorbehoud te maak dat die betrokke lidstaat nie aan artikel 1(1)(b) gebonde is nie. Die voorbehoud het 'n beduidende invloed op die toepassingsgebied van die verdrag en die korrekte interpretasie van die bepaling is dus van groot belang vir howe in lidlande en nie-lidlande. Die interpretasie van die artikel 95-voorbehoud het al tot baie kontroversie en akademiese kommentaar aanleiding gegee. Onlangs het die CISG Advisory Council 'n opinie oor die interpretasie van die bepaling gepubliseer en daar word voorsien dat hierdie interpretasie heel invloedryk sal wees. In hierdie bydrae word die CISG Advisory Council se interpretasie van die impak van 'n artikel 95 - voorbehoud op die CISC se toepassingsgebied ontleed.

        · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons