SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


De Jure Law Journal

versión On-line ISSN 2225-7160
versión impresa ISSN 1466-3597

Resumen

CALITZ, Juanitta  y  FREEBODY, Giles. Is na-aanvangsfinansiering die doring in die vlees van ondernemingsreddingsverrigtinge ingevolge die 2008 Maatskappywet?. De Jure (Pretoria) [online]. 2016, vol.49, n.2, pp.265-287. ISSN 2225-7160.  http://dx.doi.org/10.17159/2225-7160/2016/v49n2a5.

Ondernemingsredding word toenemend as 'n gewilde en belangrike punt op die wetgewende agenda van lande wêreldwyd beskou. In Suid- Afrika het die Maatskappywet 71 van 2008 (die Wet) wat op 1 Mei 2011 in werking getree het, geregtelike bestuur vervang met 'n ondernemings-reddingmodel wat onder andere die rehabilitasie van 'n maatskappy in finansiële nood as doelstelling het. Een van die sleutelfaktore van 'n suksesvolle ondernemingsreddingproses is die verkryging van na -aanvangsfinansiering. Die onderhawige artikel bevat 'n bespreking van die spesifieke tekortkominge van die ondernemingsreddingmodel wat 'n nadelige effek het op die vekryging van na -aanvangsfinansiering in die praktyk. Aandag word ook geskenk aan ondernemingsreddingsverrigtinge, na -aanvangsfinansiering in die algemeen en die rangorde van die eise van skuldeisers wat sogenaamde na -aanvangsfinansiering verleen. Daar word ook gekyk na die benadering wat deur die Verenigde State van Amerika in hoofstuk 11 van die Amerikaanse 'Bankruptcy Code', asook ander internasionale instrumente, gevolg word. Die outeurs doen dan ten slotte aan die hand dat ondernemingsredding as model slegs kan slaag indien daar 'n paradigma skuif plaasvind wat wat tot 'n meer skuldenaar-vriendelike milieu tot gevolg sal hê en sodoende sal verseker dat na -aanvangsfinansiering meer vrylik beskikbaar sal wees.

        · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons