SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.51 número2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


De Jure Law Journal

versión On-line ISSN 2225-7160
versión impresa ISSN 1466-3597

Resumen

RENKE, Stefan  y  COETZEE, Hermie. Die omstandighede waaronder artikel 85(a) van die Nasionale Kredietwet 34 van 2005 as roete gebruik kan word om toegang of her-toegang tot die skuldverligtingsmaatreëls ingevolge die Wet te bekom. De Jure (Pretoria) [online]. 2018, vol.51, n.2, pp.234-250. ISSN 2225-7160.  http://dx.doi.org/10.17159/2225-7160/2018/v51n2a3.

Hierdie artikel neem artikel 85(a) van die Nasionale Kredietwet 34 van 2005 as 'n toegangsroete tot die skuldverligtingsmaatrels waarvoor in Deel D van Hoofstuk 4 van die Wet voorsiening gemaak word, in oënskou. Dit vind plaas teen die agtergrond van 'n dictum deur Binns-Ward R in Kallides en die reaksie daarop, onder andere deur die Hoogste Hof van Appel in Seyffert, deur te ondersoek of daar meerdere opsies is (as wat onder andere deur Binns-Ward R aangedui word) waaronder artikel 85(a) toegang tot die genoemde skuldverligtingsmaatrels verleen. Artikel 85(a) en die howe se diskresie ingevolge daarvan word kortliks toegelig, gevolg deur 'n bespreking van die omstandighede waaronder die verbruiker 'n beroep op artikel 85(a) kan doen. Besondere aandag word aan die wisselwerking tussen artikel 85(a) en artikels 86(2), 86(10) (saamgelees met artikel 86(11)), 88(3) en 83 van die Wet geskenk. Die skrywers maak sekere gevolgtrekkings rakende die trefwydte van artikel 85(a) as die kredietverbruiker se "last port of call" ten einde die skuldverligting ingevolge die Wet te bekom.

        · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons