Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
Citado por Google
Similares en Google
Compartir
Koers
versión On-line ISSN 2304-8557
versión impresa ISSN 0023-270X
Resumen
VAN DER WALT, J.L.; WOLHUTER, C.C. y POTGIETER, F.J.. Die intrinsieke verband tussen opvoeding en spiritualiteit. Koers (Online) [online]. 2008, vol.73, n.1, pp.1-14. ISSN 2304-8557.
Nadat hulle die verskynsel nagegaan het van (veral jong-) mense wat neig om hulle rug op die hoofstroomgodsdienste te draai en hulle toevlug tot "nuwe" vorms van spiritualiteit te neem, het die skrywers tot die slotsom gekom dat, soos nog al-tyd die geval was, daar nie reg kan geskied met die opvoeding van kinders nie tensy hulle spiritualiteit ook ontwikkel word nie. Om hierdie konklusie te verdedig, ontleed hulle religie as 'n verskynsel. Hulle bevind dat dit uit verskillende lae bestaan, met die spirituele as die diepste binnelaag. Hulle bespreek daarna die verskyning van die "nuwe" vorm van spiritualiteit en vind dat dit nie met die Bybelse konsep van spiritualiteit strook nie. Nadat hulle die intrinsieke verband tussen opvoeding en sowel die "nuwe" as die Bybelse vorms van spiritualiteit bespreek het, kom hulle tot die gevolgtrekking dat hulle aanvanklike konklusie bevestig kan word.
Palabras clave : godsdiens; opvoeding; religie; spiritualiteit.