SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.75 número2Institutional identity: A possible solution to the religion in/and education quandary índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Koers

versión On-line ISSN 2304-8557
versión impresa ISSN 0023-270X

Resumen

VAN DER WALT, B.J.. Besit waardes rigtinggewend-normatiewe waarde? 'n Beoordeling van die Noordwes-Universiteit se waardeprojek. Koers (Online) [online]. 2010, vol.75, n.2, pp.293-323. ISSN 2304-8557.

Soos die titel aandui, wil hierdie artikel die waarde (indien enige) van waardes ondersoek, veral soos uitgedruk in 'n waardegedrewe instelling. Om nie abstrak te wees nie, fokus die artikel op 'n spesifieke instelling, naamlik 'n universiteit (vgl. die subtitel). Om die ondersoek meer konkreet te maak, word die Noordwes-Universiteit (wat in 2004 tot stand gekom het) as 'n gevallestudie gebruik. Die ondersoek verloop soos volg: ter inleiding word eers op die hedendaagse populariteit van waardedenke gewys, gevolg deur die probleemstelling of waardes werklik daartoe in staat is om normatiewe rigting aan te dui. Tweedens word die oorskakeling van 'n universiteit met 'n beginselgrondslag (die eertydse Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys) na 'n waardegedrewe universiteit (die nuwe Noordwes-Universiteit) geskets. In die derde plek word die nuwe waardegedrewe NWU van nader bekyk. Vierdens volg 'n besinning oor veral die praktiese probleme rondom die implementering van hierdie waardeprojek. Vyfdens word ses filosofies-teoretiese probleme in verband met die waardestelsel na vore gebring. Die volgende hoofafdeling bestaan uit 'n kort beskrywing vanuit 'n reformatoriese perspektief (van struktuur, rigting en relevansie), van wat 'n akademiese instelling behoort in te hou. Daarna volg 'n voorlopige gevolgtrekking waarin twyfel uitgespreek word oor die werklike waarde van waardes om 'n vaste basis en duidelike rigting aan 'n universiteit of ander samelewingsverband te kan gee. Dit is egter 'n voorlopige gevolgtrekking, aangesien dit aan die einde van die ondersoek ook duidelik is dat verdere filosofiese besinning oor die aard, status en gesag van waardes noodsaaklik is.

Palabras clave : Noordwes-Universiteit; Potchefstroomse Universiteit vir CHO universiteit; Christelike; waardes.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons