Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
Koers
versión On-line ISSN 2304-8557
versión impresa ISSN 0023-270X
Resumen
OLTHUIS, James H.. 'n Visie vir en van liefde: Op weg na 'n Christelike post-postmoderne werklikheidsvisie. Koers (Online) [online]. 2012, vol.77, n.1, pp.1-7. ISSN 2304-8557.
Die tema van die artikel was die identifisering van die onderskeidende kenmerke wat beklemtoon moet word in 'n bybelse werklikheidsvisie wat ingestel is op die postmoderne wereld van die 21ste eeu. Die eerste van hierdie kenmerke is die omarming van verskil as nie-opposisioneel, as 'n uitdaging om te ontmoet eerder as 'n bedreiging om te weerstaan. Met 'n postmoderne verstaan van beperkte rasionele kennis (Rede en Wetenskap) en van die kritieke rol van geloof, is die tweede kenmerk dat werklikheidsvisies nie in die eerste plek gesien moet word as konseptuele sisteme nie, maar as geloofsgeoriënteerde, sensoriese verwagtingsfilters wat implisiet en grootliks onder ons bewuste besef werksaam is. Die derde kenmerk is die erkenning dat verantwoordelikheid-teenoor, eerder as vryheid-van die ander beklemtoon behoort te word. So 'n verantwoordelikheid behels die erkenning dat vrywillige Ty met' die ander beslissend is vir 'n post-postmoderne bybelse werklikheidsvisie. Die laaste kenmerk stel inderdaad voor dat so 'n werklikheidsvisie gewortel en gegrond moet word in 'n visie van en vir Liefde. Net soos wat God Medelydende Liefde en God met ons is (Emmanuel), so behoort ons liefde te beliggaam en boosheid te weerstaan en so ons belydenis, dat ons deur Genade en nie deur Blinde Toeval leef nie, uit te leef.