SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.78 número3The formation of Christian leaders: A Wesleyan approachFemale leaders in an international evangelical mission organisation: An empirical study of Youth With A Mission in Germany índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Koers

versión On-line ISSN 2304-8557
versión impresa ISSN 0023-270X

Resumen

DE WITT, Maria W.  y  LESSING, Anna C.. Onderwysers se persepsies oor die invloed van ongedissiplineerde leerdergedrag op hulle werksituasie en oor die ondersteuning van rolspelers. Koers (Online) [online]. 2013, vol.78, n.3, pp.1-9. ISSN 2304-8557.

Onaanvaarbare leerdergedrag in Suid-Afrikaanse skole is 'n ernstige bron van kommer vir alle betrokkenes in die onderwys. Dit verklaar die toenemende belangstelling in die rol en verantwoordelikheid van onderwysers in die hantering van probleemgedrag en die uitwerking van sodanige gedrag op opvoeders se lewensgehalte in hulle werksituasie. Hierdie navorsing het die volgende vrae gestel: Beïnvloed ontwrigtende leerdergedrag onderwysers se werksituasie en indien wel, in watter mate? Is die voorkoms van ongedissiplineerde gedrag hoër onder seuns en in multikulturele skole? Wat is die invloed van onaanvaarbare leerdergedrag op onderwysers? Hoe ervaar onderwysers die ondersteuning van rolspelers? 'n Vraelys is gebruik om inligting in te samel om die bostaande vrae te beantwoord. Hierdie navorsing het getoon dat sommige onderwysers nie oormatige emosionele reaksies ervaar wat tot stres kan bydra nie, maar dat leerders se ongedissiplineerde gedrag irritasie veroorsaak, eise aan onderwysers se humeur stel en aggressie uitlok. Die meerderheid onderwysers het aangedui dat hulle voldoende ondersteuning van hulle skool se beheerliggaam ontvang, maar van die onderwysers was nie tevrede met die ondersteuning van ouers en die onderwysdepartement nie. Ten spyte van die hoë persentasie onderwysers wat aangedui het dat ongedissiplineerde gedrag 'n impak het op hulle werksbevrediging, oorweeg die meerderheid van hierdie onderwysers dit nie om die onderwysprofessie te verlaat nie.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons