SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.78 número3 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Koers

versión On-line ISSN 2304-8557
versión impresa ISSN 0023-270X

Resumen

KOURKOUTAS, Elias E.  y  WOLHUTER, Charl C.. Die hantering van leerderdissiplineprobleme: 'n Psigo-sosiale geheelskoolbenadering. Koers (Online) [online]. 2013, vol.78, n.3, pp.1-8. ISSN 2304-8557.  http://dx.doi.org/10.4102/KOERS.V78I3.550.

Leerderdissipline in Suid-Afrikaanse skole is 'n probleem. Die mees problematiese aspek is die hantering van dié probleme. Navorsing het aangetoon dat onderwysers nie oor doeltreffende metodes om leerderdissipline te handhaaf beskik nie. Literatuur oor dissiplinehandhawingsmetodes wat wel bestaan lys 'n reeks tegnieke, in 'n behaviouristiese paradigma, wat die simptome eerder as die oorsake van die probleem aanspreek, en wat nie die psigiese dinamika en sosiale konteks van leerderdissiplineprobleme erken nie. Dit rym nie met die feit dat leerderdissipline 'n oorsaaklike basis het wat veel verder as die individuele onderwyser-individuele leerder interaksie strek nie. Op die vlakke van die skool, die gesin en die samelewing, sowel as die spirituele en sosiale funksionering van die kind en hoe al hierdie faktore in dissiplineprobleme kan uitloop en in berekening gebring behoort te word wanneer dit by die aanspreek van leerderdissiplineprobleme kom, is 'n magdom literatuur die afgelope aantal jare gepubliseer. Hierdie artikel bied 'n oorsig van dié literatuur en dui so 'n meer omvattende benadering aan om leerderdissiplineprobleme in Suid-Afrikaanse skole te hanteer. Ofskoon die probleem van leerderdissiplineprobleme nie beperk is of afwesig is van skole wat onderwys op 'n Bybelse grondslag verskaf nie, word die bespreking van die literatuuroorsig voorsien van 'n Christelike lewensopvatlike bobou.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons