SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.82 número1B.J. van der Walt's concentration problemProfessor Bennie van der Walt: A bridge between white Afrikaners and black Africans índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Koers

versión On-line ISSN 2304-8557
versión impresa ISSN 0023-270X

Resumen

RAATH, A.W.G.. Gereformeerde piëtisme, Hieronymus van Alphen (17461803) en die hemelse versugting in Susanna Smit (1799-1863) se godsdienstige dagboeke. Koers (Online) [online]. 2017, vol.82, n.1, pp.1-14. ISSN 2304-8557.  http://dx.doi.org/10.19108/koers.82.1.2289.

Hieronymus van Alphen se stigtelike poësie sien die lig op n tydstip wat die Nederlandse piëtisme 'n hoogtepunt bereik. Van Alphen se poësie val in twee kategorieë uiteen: poëtiese verse en digsange. Saam met Pieter Leonard van de Kasteele, was Van Alphen verantwoordelik vir die Proeve van stichtelijke mengel-poesij wat in 1771 verskyn het. Dié bron het ook in die Kaapse geloofsgemeenskap neerslag gevind. Sy Proeve van liederen en gezangen (1802 [1801]) het eweneens groot effek in Nederlandse gereformeerde kringe en aan die Kaap gehad. Beide werke speel in die Voortrekkervrou Susanna Smit se geloofsprofiel 'n belangrike rol. Dit is egter veral die sug na die hemelse vereniging met Christus wat in dié verband by Susanna sterk na vore tree. In hierdie artikel word die neerslag van Van Alphen se piëtistiese poësie in Susanna se godsdienstige dagboeke en die effek daarvan op haar godsdienstige mentaliteitsprofiel ondersoek

Palabras clave : Gedigte; Hieronymus van Alphen; mistiek; piëtisme; Susanna Smit.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons