SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.82 número3Cultural pathways and pitfalls in South Africa: A reflection on moral agency and leadership from a Christian perspectiveDialogical inquiry as an instrument of the reconciliation of conflict in the hands of Christian leaders índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Koers

versión On-line ISSN 2304-8557
versión impresa ISSN 0023-270X

Resumen

TEISE, Kevin  y  ALEXANDER, Gregory. Perceptions of teacher education students at a South African university on the relationship between culture and education: implications for social justice. Koers (Online) [online]. 2017, vol.82, n.3, pp.1-13. ISSN 2304-8557.  http://dx.doi.org/10.19108/koers.82.3.2334.

Die Suid-Afrikaanse Grondwet is gerig op n sosiaal regverdige samelewing. Om hierdie ideaal te verwesenlik vereis ´n onderwyskonteks wat onder andere kulturele diversiteit vier en dit bevorder. Suid-Afrika, alombekend as die reënboognasie, is die tuiste van diverse plaaslike kulture, maar ook ander kulture uit Afrika en van die res van die wêreld. Hierdie stand van sake hou bepaalde uitdagings in vir die onderwys wat nie net ´n multikulturele onderwyskonteks moet daarstel nie, maar ook sosiale geregtigheid moet bevorder. Daar is egter aanduidings dat die Suid-Afrikaanse onderwys jammerlik misluk om hierdie uitkomste te verwesenlik. Ons argumenteer dat hierdie probleem deels geleë is in die onvermoë van onderwysstudente om die intrinsieke verhouding wat daar tussen kultuur en onderwys bestaan te verstaan, dit te erken en dit te bekragtig. Gevolglik word pogings om sosiale geregtigheid deur onderwys te verwesenlik, belemmer. In hierdie artikel doen ons verslag oor die persepsies van derdeen vierdejaaronderwysstudente aan n Suid-Afrikaanse universiteit. Ons het n kwantitatiewe ondersoek onder n kultureel-diverse groep studente gedoen: 266 in totaal. Bevindings dui daarop dat studente 'n beperkte begrip van die verhouding tussen kultuur en onderwys het, ten spyte van pogings van beide hierdie universiteit sowel as die onderwysowerheid. Die artikel sluit af met aanbevelings oor hoe om 'n sensitiviteit oor die verhouding tussen kultuur en onderwys onder onderwysstudente te bevorder, en die moontlike implikasies vir sosiale geregtigheid as gevolg van n gebrek aan kennis hieroor.

Palabras clave : Kultuur; Suid-Afrika; onderwys; kulturele integrasie; sosiale geregtigheid.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons