SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.84 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Koers

    versión On-line ISSN 2304-8557versión impresa ISSN 0023-270X

    Resumen

    WEIDEMAN, Albert. Validation and the further disclosures of language test design. Koers (Online) [online]. 2019, vol.84, n.1, pp.1-10. ISSN 2304-8557.  https://doi.org/10.19108/koers.84.1.2452.

    Daar is geen eenstemmigheid oor wat die subjektiewe validering van taaltoetse asook hul objektiewe geldigheid behels nie. Die debat word vertroebel deur n gebrek aan konseptuele duidelikheid: elke maatstaf vir die effektiwiteit van 'n toets word óf ingetrek onder geldigheid, óf verhef tot belangrikste oorweging. Die alternatief is om die tegniese dimensie van ons ervaring as die leidende funksie van toegepaste taalkundige artefakte te erken. In sy samehang met ander dimensies genereer die tegniese aspek analogies van die ander. Daardie verwysings na ander aspekte vorm die basis van tegnies gekwalifiseerde toegepaste taalkundige begrippe Waar 'n vorige analise na 'n aantaal funderende begrippe verwys het, ondersoek hierdie bydrae die linguale, sosiale, ekonomiese en etiese spore in die tegniese aspek. Hierdie analogies is almal regulatiewe tegniese idees, wat optree as rigtingwysers in die ontwerp van taaltoetse. Hulle is ook ontsluitings van die tegniese betekenis van toetsontwerp. Terselfdertyd maak hulle dit vir die toegepaste taalkunde moontlik om hulle as ontwerpbeginsels te beskou wat in die ontwikkeling van taaltoetse konkrete beslag en vorm te kry. Om hierdie stand van sake ernstig op te neem is vir die toepgepaste taalkundige die beginpunt van die ontwikkeling van 'n robuuste en nie-reduksionistiese teorie van die toegepaste taalkunde.

    Palabras clave : geldigheid; geldigmaking; teorie van die toegepaste taalkunde; ontwerpbeginsels.

            · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )